Jongste aktiwiteit:

WINDE VAN VERANDERING

(486 woorde)

Bronsgradering

Terwyl die wind met sagte reën hom vanoggend begroet laat dit n tikkie heimwee in sy brose siel. Die natuur vertel sy eie verhaal selfs die bloekombos is deel van die simfonie. Sy takke kraak en blare val oormekaar as die ooste wind haar asem oor hulle uitblaas. Sy groen oë bespied die veld wat vanoggend leeg oor die vlaktes in n vaal kombers toegedraai is.
Alles is leeg en lyk na niks. Sy hartseer het plek vir woede gemaak. Armand gaan sit op n klip met sy kop in sy hande. Die wind waai koud, waai sy gedagtes na daardie dag. Hulle was so gelukkig, hy en Adele. Simone hul eerste geborene was n jaar oud. Sy klein prinsessie met die glimlag wat engele laat fluister. Adele het vasgekeer gevoel, sy wou uitkom en na die voorstel van n potterbak klas het hy ingestem. Vir haar om kreatief te wees sou sy n ander uitkyk op die lewe kry. Sy het drie keer n week saans die klasse bygewoon . Hy het na Simone gekyk en aandete voorberei.
Sy het terug gekom met n oranje vaas. Dit was so pragtig. Hy was so trots op haar.
Hy kyk weg tot daar waar die randjies n kaplyn trek. Sy het die vaas op die kombuistafel gesit bo-op n geblomde tafeldoek. Na een aand wat sy weer weg is was Simone moeilik en hy het inderdaas om haar voeding reg te kry die vaas omgestamp. Dit het in duisende stukkies gebreek. Hy het later toe Simone rustig aan die slaap was die stukke gaan optel. Die vaas het hom aan die maand Mei laat dink.

n Warm kleur wat die koue verdryf.
Hy het nie geweet wat gaan hy vir haar sê nie. Versigtig het hy die stukke opgetel en toe sien hy dit. Die “made in Taiwan” plakker.  Hy was stom geslaan.  Die vaas is iewers gekoop.  Hy word bedrieg.  As sy nie n klas bywoon nie, waarheen verdwyn sy dan drie keer per week ?.
Hy het haar van die vaas daardie aand vertel, maar sy was nie ontsteld nie. Het dit net afgelag en haastig uit die voete gemaak
Daardie aand het hy gestaar na die vrou wat hy liefhet se profiel . Hy kon nie slaap nie.
Met die volgende pottebakker klas het hy vir Simone by sy ma gaan los. Hy het skuldig gevoel omdat hy haar agtervolg. Sy het in n baie swak buurt na n hotel gery . n Man het haar ingewag. Hulle is saam die trappe op en by n deur in. Hy het homself probeer kalmeer. Buite die deur kon hy net stilstaan en luister.
Dis Simone se verjaarsdag vandag. Na daardie aand by die hotel in
Hillbrow het sy na hom gestaar waar hy gestaan het, maar nie n poging aangewend om iets te sê nie.
Simone is vandag ses . Sy ken net haar pa . Hy kon nooit weer liefkry nie. Sy het nie eers haar klere kom haal of kom groet nie. Sy het verdwyn met n man wie se lewe in tattoos oor sy liggaam geskryf was. Een van hulle was n vaas , n oranje vaas met haar naam ” Adele”.
Sy lewe het winter geword terwyl dit nog lente in die babakamer was.

(Erkenning fotograaf onbekend)




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed