Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Winter in my gemoed.

Deur Marlene Erasmus
Datum gepubliseer: 27 Junie 2022 Aantal woorde: 532 88 Kere gelees 4

Winter in my gemoed.

Met die winter wat nadersluip het ons aanstons kouer temperature op hande.

Alhoewel daar baie mense is wat floreer in die winter, is winter ook die seisoen vir skete. Gou-gou kom die son soggens later op en sak ook al hoe vroeër saans. Die temperature daal en die aande raak heelwat koeler. Die kouer weersomstandighede is ook die broeiplek vir toestande van verkoues en griep gevalle.

Die winter staan bekend as die seisoen waar die natuur rus. Heelwat bome begin in pragtige skakerings van oranje, geel, rooi en koper kleure verander. Jy sal die mooiste blaartapyte onder bome aantref in herfskleure. Selfs die diereryk pas aan by die veranderde seisoen, sommige voëls migreer duisende kilometers ver agter die warmer sonskyn dele aan. Sommige diere gaan in toestande van hibernasie in, of ook bekend as winterslaap.

Alhoewel winter bekend is vir die normale verkoues en grieptoestande, is daar egter ook ʼn ander toestand waaroor daar nie so dikwels gepraat word nie. Dit is ʼn depressiewe toestand wat gekenmerk word deur lusteloosheid, moegheid en depressie. Die kombinasie van paar spesifieke simptome mag dalk gediagnoseer word as Seisoenale Affektiewe Depressie. Dit word afgekort as SAD, wat ʼn heel gepaste akroniem vir hierdie toestand is. Sommige mense voel gedurende wintertyd of hulle in die bed kan klim, die komberse oor hulle kop kan trek en daar kan bly tot lente sy opwagting maak. Skielik is lekker lang familie-kuiers en braai om die swembad iets
van die verlede.

As jy een van die mense is wie se gemoed fundamenteel deur die verandering van die seisoen geaffekteer word, mag jy net dalk aan seisoenale depressie ly. Moet egter nie skrik as jy paar dae lank “af” voel nie, wat ʼn tydelike hartseer of ‘blues’ gevoel is nie. Moenie die twee toestande met mekaar verwar nie. Gaan vir mediese hulp en kry ʼn korrekte diagnose.

Wat presies is SAD?

Daar is medies bewys dat SAD in verband gebring kan word met seisoensveranderinge en het grotendeels betrekking op die verskyning van kouer maande. In Brittanje word dit gedefinieer as ʼn “depressie wat veroorsaak word deur korter sonskyn-ure”.

Die gebrek aan genoegsame sonlig kan veroorsaak dat ʼn sekere deel in die brein, die hipotalamus optimaal funksioneer. Die toestand kan veroorsaak dat:
• die liggaam te veel melatonien vervaardig, wat slaperigheid kan veroorsaak.
• onderproduksie van serotonien, wat gemoedstoestand negatief kan beïnvloed.
• jou interne sirkadiese ritme versteur kan word, die mens se liggaam gebruik sonlig om sekere funksies te kontroleer.

Medici het dit almal eens dat SAD ʼn ingewikkelde, komplekse depressiewe toestand is.

In die ryptrap van ‘n winterlandskap kan SAD jou onverwags bekruip.

Hoe kan mens dit voorkom?

Probeer om regtig so veel as moontlik tyd deur te bring in natuurlike lig. Indien nodig, kry mediese hulp en indien aanbeveel, gebruik antidepressante. Medikasie kan help vir sekere simptome van die toestand. Probeer genoeg oefening kry asook te hou by gesonde, gebalanseerde eetgewoontes. Slaap genoeg om die toestand van SAD te help verlig.

Soos die Skepper dit verwoord: “So lank as die aarde bly bestaan, sal saaityd en oestyd nie ophou nie, ook nie koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie.” (Gen. 8:22).

Laat ons die winter as seisoen geniet.

©Marlene Erasmus
27/06/2022

(540 woorde)




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    27 Junie 2022

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2022 Winterlandskap projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 138
Kommentaar telling: 20

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 169 gaste aanlyn

Bydraes – Argief