
WINTER OP DIE ALMANAK
Dis Mei maand die almanak huil in die eerste ryp wat ysige spinnerakkies op die gras agterlaat. Dis ryp se voetspoortjies , die lug is dunner en spookasem wasem ego uit die eerste môre sê.
Die son wat n bietjie later slaap . Vyf uur soggens is die swart kombers nog hoog teen die heelal se keel toegetrek. Die sterre speel wegkruipertjie op die swart kombers terwyl hul so nou en dan vir jou knik om nie hul wegkruip plek te verdraai. Die maan hang skaambang so op een plek. Weet jy hoe donker is
nagskof ?.
Van water skep en uitgooi en dan weer vol word tussen die dae en donker nagte op die almanak. Sy voete sleep dis Mei maand as hy gaap terwyl hy sy kombers begin oprol vir die sonsopkoms.
Dis donker dis lig as die son sy warm arms uitstrek na die veld . Katvoet raak die warm vingers fluweelsag aan die randjies. Goue geel kombers met n oranje spatseltjie. Hier en daar het die almanak verjaar. Van prettige losblaar kleurvolle herfs stap ons onverwags in winter se arms in. Elke seisoen bring n vryheid , n nuwe geestelike groei. Die bekoring wat winter met sy warm omhelsings bring. Kyk verby die grys en naaktheid . Dis net n proses , voorbereiding vir nuwe groei en verandering. Ons is deel van die heelal ons staan nie alleen nie . Seisoene in dekades staan uitgekerf oor jou liggaam. Letsels van jou reis om die son.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2023 - OOP projek