Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: WINTERSTEWELS

Deur Vonnie
Datum gepubliseer: 14 September 2021 Aantal woorde: 196 38 Kere gelees Hou van

VERS 1

OM ‘N WARM KAGGELVUURTJIE,
HET ONS NÁGTE OMGESIT…
SO SNOESIG EN SO WARM,
MET BUITE DIE SNEEU SE WIT.
KNUS IN MEKAAR SE ARMS
TEEN DIE KOUE WINTERSWEER,
MAAR JY HET DAARDIE LAASTE NAG
NOOIT WEER NA MY TOE TERUGGEKEER
O, DIE TYD RAAK TOG SO KORT!
LIEF, WAT HET VAN JOU GEWORD?

KOOR

JY MÁG MAAR MET JOU WINTERSTEWELS
DIÉP SPORE IN MY HART KOM TRAP!
WANT HIERDIE OU HART VAN MY
IS IN ELKGEVAL GELAP!
MET STUKKIES AFVALMATERIAAL,
NOG VAN VERLEDE WINTERSGOED
EN HANG NOU AL AAN FLÉNTERS!
MET DIE KOUE STEEDS IN MY BLOED.

(NÁ TWEEDE VERS, HERHAAL:

O, DIE TYD RAAK TOG SO KORT!
LIEF, WAT HET VAN JOU GEWORD? X 2

O, MY LIEF, WÁT HET VAN JOU GEWORD?)

VERS 2

DIE JARE LOOP KNARS-KNARS AAN,
MET LENTEGEUR IN DIE LUG
EN DIE SOEL SOMERSNAGTE
WORD VRAEND OMGESUG!
EN AS DIE BRUIN HERFS OPDAAG
EN HAAR TYDSVINGERS KLAP!
KOM OP SEISOENE REELMAAT,
DIE WINTER AANGESTAP.
O, DIE TYD RAAK TOG SO KORT!
LIEF, WAT HET VAN JOU GEWORD?

KOOR X 1

Liedjieskrywer en sanger: Vonnie.

(Kopiereg voorbehou)




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 30
Kommentaar telling: 1

Ek is allereers die trotse skrywer van Afrikaans, my pragtige moedersknie-taal! 'n Gepubliseerde vryskutjoernalis met artikels in van ons Afrikaanse tydskrifte soos Huisgenoot, Sarie, Vrouekeur en Rooi Rose. Ook digter,  liriekskrywer en komponis. Dus liedjieskrywer van my eie, sowel as ander se gedigte en lirieke en hartstogtelik lief vir musiek en sang. Ek geniet myself gate uit met die skryf van rubrieke, skryf ook verhale en maak ook so nou en dan keel skoon by wyse van 'n lekker ou gorreltjie. En o ja! Na baie, baie jare as skrywer, het ek uiteindelik drie boeke die lig laat sien en is ek nie 'n bietjie trots nie! My biografie Daar huil 'n kind in my, Rubrieke sonder brieke en Gedigte op die vleuels van musiek. Daar...genoeg. Nou moet ek verder aan die skryf kom!

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 139 gaste aanlyn

Bydraes – Argief