
WOEDE WYS WIE JY IS
So jy is ongelukkig. n Gedagte broei en jy wonder of jy moet praat of dit moet los.
Jy besluit om die oproep te maak. Besef jy dat jy met jou gemoedstoestand n laaigraaf gaan wees Vir die persoon aan die anderkant van die lyn. Jy vra nie hoe dit gaan of besef wat die situasie of gemoed anderkant die lyn is nie.
Al waaraan jy dink is wat jy wil sê en die ander persoon sal luister.
Die woorde ontplof oor die telefoonlyn. Die warm gesprek gaan nog n probleem inhou vir Eskom.
Ek probeer verduidelik, ek word stil gemaak. Weer en weer spat die vuurwerke en onredelike aantygings. Ek probeer dinge regmaak en skielik praat die woede met my dat hy niks van my wil he nie. Ek bied my onverskoning aan en dat ek sal betaal wat nodig is, maar as iemand n keuse oor jou gemaak het kan jy nie die tonnel visie verander nie. Mens het die reg om ontsteld te wees, maar skielik staan n indringer voor my deur met n handvol plofstof.
Die gesprek vlot nes hy beplan het, Hy het sy sê gesê ondanks kwestende woorde wat onnodig is.
Ek het n diep verskoning aangebied, selfs die geld vir die lesensie. Eie ego is n lelike ding. Jy sien net jouself raak die groot ek en wat jy reg kon kry.
Ek voel niks word met egos opgelos nie. Ek het hom bedank vir die trane en seer woorde voor my kanker se flikkergram.
Ek kry n boodskap hy sien klaar kliënte en dis nou verby.
Soveel seermaak woorde en dis al wat hy sê . Hy los my in trane, hy los my weerloos voor n prosedure.
Ek wil vandag elkeen uitnooi. Aanvaar n opregte verskoning. Ons almal maak foute, ons almal moet vergifnis vra.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.