Woestyn woorde.
Die digterlike leegheid
waar heimwee die hartseer vertel,
swerf die gedagtes in woorde woestyn
waar geen voëls sing
so pynlik in stilswye.
Die digterlike leegheid
gedreineerd in woordvorming,
gehawend die digterspapier
wees-gelaat wat die hart wou pen
is ontneem aan harmoniëuse rym.
Die digterlike leegheid
die vriend van lirieke en poësie,
vrugteloos is die drome
in die dryfsand van die literêre wêreld,
is die ankers ontwortel.
Die digterlike leegheid
waar fantasiekastele in duie stort,
in daardie skugtere glimlag
deurboor dit die hunkering
vir die kolskoot.
5 Kommentare
-
Amaspoke
So raak en so waar. Uitstekend
-
Anze
hier slaan jy die spyker op die kop.. baie mooi vasgepen
-
Viooltjie
Stem saam met Anze. Baie goed vasgepen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Pragtig Arnold