Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: woordwerke

Deur GEDAGTES
Datum gepubliseer: 12 April 2021 Aantal woorde: 82 72 Kere gelees 4

op die woordbank
pluis ek gedagtes uit
geduldig gedienstig gedweë
om brose kroos te troos

gekose vokale vloei op die tong
deftig in ‘n diftong of twee
sleurend met ‘n lang klank
of snikkend jeens die dubbel konsonant

die mollige vraag koketteer
na haar flambojante uitroep
om haar neer te vly tussen aanhaling
en rus by die noodlot van die punt

stiltes bewerk asemhaling;
getooi met sprokies en (of) feite
maak gedagtes en idees
die buiging op die woordbank

© Francois Meyer
April 2021




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 21
Kommentaar telling: 6

My naam is Francois Meyer, getroud met n pragtige vroutjie, Jessica. Ek is n trotse pa van vier seuns. Die lewe is ryk aan kosbare waarhede wat ons gedagtes daagliks vul. Soms het ons die moed om dit op papier neer te pen sodat ander dit kan lees. Hoop jy geniet die lees soos ek dit ook geniet!

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 420 gaste aanlyn

Bydraes – Argief