Jongste aktiwiteit:

RESENSIE: In SOMER woon hy ONDER, die film

Resensie: In SOMER woon hy Onder

‘n Duitse bankiersfamilie het ‘n vakansiehuis naby die see in Suid-Frankreich. Hemel op aarde, sou mens sê. Ouboet, wat na Pa se dood in sy voetstappe loop, verbring reëlmatig twee weke van sy jaarlikse verlof hier. Kleinboet tel as dropout en woon oor die jaar hier, buiten die twee weke; hy moet sulke dinge doen soos grasperk maai en kyk dat die huis nie uitmekaar val nie. So woon hy saam met sy franse vriendin en haar seun gratis en word van sy ma ondersteun. Maar vanjaar kom Ouboet met sy vrou onverwags ‘n week voor sy tyd. En dan spat die vonke. Almal moet na Dawid se pype dans, maar Matthias se vriendin kom in opstand.

[In Sommer wohnt er unten; D, 2015; Regie: Tom Sommerlatte; met Sebastian Fräsdorf, Godehard Giese, Karin Hanczewski, Alice Pehlivanyan en William Peiro; 100 min.]

Twee geheel-en-al ongelyke broers met hul gemeensame herinnerings, met hul eie neigings en bekwaamhede, hul vasgespykerde menings oor mekaar. As kind was Dawid altyd offisier en Matti soldaat. So het dit gebly – as hulle soggens vroeg met die tuintrekkertjie „wegbreek” om saam te gaan swem is dit weer so. As Dawid kla dat hy in sy eie kamer met balkon wil slaap, gee Matthias dadelik pad. Soos toe hulle kinders was. As Dawid kla dat Camille se seun Etienne nie hier behoort te wees nie, bring Matthias hom vir die twee weke na sy pa.

Camille het gou die kat uit die boom gekyk; sy sien hoe sake staan en sê vir haarself, „Maar nie met my nie!” Dan begin sy prikkel en tart, sy vertoon haar lyfie in die swembad in een van die skramsste bikinis wat ek gesien het (het dit amper misgesien!); as dit aan die badkamerdeur klop antwoord sy nie en laat „verskrik” haar handdoek op die grond val wanneer Dawid die deur oopmaak; sy toon geen tafelmaniere nie, wat vir Dawid walglik is; sy kan die vinnigste swem en reël dit dat Etienne kan terugkom as en wanneer sy en Matthias so-en-soveel keer gewen het.

Lena is daarteen liewer as grys-muisie aan te sien, die perfekte vrou vir ‘n opkomende Yuppie, teruggetrek en nederig. Dit lyk asof sy nie ‘n eie mening het nie en het reeds in die eerste ure van die besoek haar been gebreek toe sy op die speelgoedkarretjie uitgly wat Dawid woedend van sy balkon oorboord op die stoep daaronder gegooi het. Daar sal ‘n fietstoer kustoe plaasvind, maar Lena is beseer en Matthias hettie lussie. Nou is die twee pare uitgeruil…

Dis eintlik ‘n ou herhalende relaas, wat by geleentheid weer en weer opgedis word. Dis nie interessant wát gebeur nie, maar hóé hulle daartoe kom, dit wil sê ook die „newe­handelinge”, die woordgevegte daaromheen. Wie is vanmôre beledig en merk dit eers kort voor hy vannag gaan slaap, byvoorbeeld. Ook „daai sosiale” mag nie vergeet word nie: Met watter probleme — persoonlik, familiêr, by die werk, ensovoort — kom die russoekendes aan? Dawid spekuleer privaat op die beurs en Lena vrees dat dit met die firma se geld is; sy self wil ‘n kind hê, en hulle mag nie die eiersprong verpas nie . . . Matti wil met geld niks te doen hê nie, en bied sy — onaangeroerde — erfdeel aan, as sy broer dit wil hê. En Camille is gelukkig dat sy ‘n veilige hawe gevind het waar sy haar kind na haar eie alternatiewe beginsels kan grootmaak en nie in ‘n standaard skool moet afgee waar hy wel gestandaardiseer sou word nie.

En vir ‘n europese film is daar merkbaar min rouvleis. Ja, daar word gesoen terwyl hulle ‘n lêplek soek. Meer as dit nie.

(Origens hierdie gehakke soos jakkalsies wat voedsel uit Ma se bek moet skeur. Is dit wat mense deesdae doen as hulle wil soen? Soos in die films? Ek meen, doen jy, geneigde leser. dit as jy jou ou in die arms het? Of ken jy iemand wat hom / haar so gebaar? Ons het toentertyd die nuwewetse Hollywood-kiss geleer en uitprobeer. Daar was ‘n seun wat gespog het dat hy sy tong in die keelgat van elke meisie êrens op ‘n dorp afgedruk het! Maar gehakke en gepikke? Ken ek nie. Wie kan my in die kommentaarkassie opklaar?)

Hierdie film is die regie-eersteling van Tom Sommerlatte, dus is dit moontlik dat hy nog eniges oor daarstellende verkeer tussen die geslagte moet leer, wie weet? En weereens meertalig: Duits waar die Duitsers ondermekaar is (Dawid, Lena, Matti), Frans waar die Franse ondermekaar is (Camille, Etienne, Matti) Engels waar die twee groepe mekaar tref (Dawid en Lena teenoor Camille en haar seun). Dis ‘n Duitse film, dus is meer as die helfte Duits. Daarby is dit baie fyn gehanteer, met karakters met wie ons kan identifiseer en wat op geloofwaardige manier dinge doen om die bekende ou verhaal nogmaals vris en vars op te dis. Ek het gehoor dat dit as „franse styl” bekend staan. Die jong regissieur beheers dit goed, lig, vrolik, lustig, snaaks.

Daarvoor volle drie sterre.

©.1e.Junie2016………………….◄]:o(٤.☼☼☼.(o;╞………………………………………..tje




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed