
ZELDA SLOTHOOFSTUK
“Liewe dagboek. Om te dink ek is nou al sewe maande swanger. Nog so twee maande en klein Barend is daar. Die ginekeloog het vir ons bevestig dat die n seuntjie en ons het besluit om hom na Barend Vosloo te vernoem om ons altyd daaraan te herinner dat hy my leermeester en my mentor in die lewe was. Sonder sy leermeester en mentorskap sou ek nooit kon gewees het wat ek vandag is nie.
Dagboek n swanger pa is iets vreesliks om mee huis te hou. Elke aand word my borste betas en bevoel en dan my maag. Hy wil net die hele tyd met sy oor op my maag lê en voel hoe klein Barend in my skop. Dagboek die mannetjie werk my sake vir my maar ek gee nie om nie, dit is hemels om te weet ek dra n lewe in my rond wat al die liefde gaan kry as hy die dag sy verskyning maak.
Paul het nou al noutydse bababedjie op n veiling gekoop en nou die dag kom hy hier met n treinstel aangesit. Dit was ure se geswets om die treintjie aan die loop te kry maar hy het hom reggekry. Dagboek as hy n ordentlike speelding op n veiling raakloop word dit gekoop en sorgvuldig gebêre.
Ma Sharon het toe n seuntjie en ek raak so broeis as hulle hier kom en wil net pop speel met die outjie die hele tyd. Ek kan hom opvreet van liefde.
Die mense daar in verre Spanje is net so opgewonde soos ek. Rosa het ons die dood voor die oë gesweer as ons haar nie dadelik laat weet as klein Barend arriveer het nie. Ek kry die gevoel hulle voer iets in die mou”.
Paul kom in die kamer in nadat sy klaar gestort het en begin hy sy daaglikse ondersoek van haar en lewer die hele tyd lopende kommentaar hoe haar tepels donkerder word en haar borste swaarder word. Haar maag word soos gewoonlik bevoel en elke skoppie word waar geneem.
Hulle het klaar besluit dat sy Kroonstad toe sal gaan vir die bevalling en is haar plek klaar bespreek want hulle wil seker maak dat niks sal verkeerd loop nie.
Klein Barend steur hom toe nie veel aan hulle beplanning nie en is dit twee weke voor die tyd wat Zelda die aand pyne begin kry. Sy besef dadelik dat die sulke tyd is en met pyne wat haar in mekaar trek kreun sy; “Ou grote, dit is sulke tyd. Jy sal my blitsvinnig in Kroonstad moet kry”.
Gelukkig is haar tassie klaar gepak en gryp Paul vinnig haar tassie en help haar in die Polo in want dit is geriefliker as die Isuzu.
Paul bel die kraaminrgting om hulle te waarsku dat hulle op pad is en word die rit in n rekord tyd afgelê, die arme Polo het in sy lewe nog nooit so vinnig gery nie. Plek plek hou die verkeer hulle bietjie op maar na bietjie meer as n uur stop hulle voor die kraam inrigting waar hulle alreeds vir Zelda wag wat nou in volle kontraksie is.
Nege uur die aand maak klein Barend sy verskyning en n halfuur later word Paul toegelaat om hulle te sien. Dit is n gelukkige Zelda wat klein Barend styf teen haar vasdruk en Paul met liefdevolle oë aankyk: “Is hy nie te pragtig nie ou grote. Dankie, baie dankie. Dit is die grootste geskenk wat ek nog ooit in die lewe gekry het en nou is al my drome vervul”.
Paul sit nog n rukkie by hulle tot die suster klein Barend kom haal en dan sê Zelda vir hom: “Jy moet nou ry ou grote en ook in die bed gaan kom dat jy gaan slaap. Ek is ook nou moeg en wil gaan slaap. Onthou om nou nie weer n spoedrekord op te stel nie en stuur dadelik vir Rosa n e pos”.
Nadat hy sy vrou gesoen het val hy in die pad terug Vaalbos toe om ook te gaan slaap. By die huis gekom voel die huis so leeg sonder Zelda maar raak hy vinnig met stille berusting aan die slaap nadat hy die e pos gestuur het en sy ouers en Sharon verwittig het van klein Barend se aankoms. Ook Barend se dogter, Amelia word in kennis gestel.
Klein Barend is perdfris en gesond en kan Paul hulle die volgende middag gaan haal.
Eerste ding wat Zelda die aand doen nadat sy klein Barend versorg het en hy slaap is haar dagboek nader trek om dagboek te vertel van klein Barend.
Liewe dagboek. Het jou bietjie afgeskeep maar klein Barend het sy opwagting n hele twee weke voor die tyd gemaak. Ag dagboek hy is te oulik vir woorde en ek wil hom net opvreet van liefde. My grootste droom ooit is verwesenlik. Dagboek ek borsvoed hom en dit is vir my hemels lekker as hy so aan my pomp en suig om sy magie vol melk te kry. Wens net ek kan daardie spul weeshuis meisies wat my so gespot het hier kry om hulle te wys”.
Zelda is die oggend besig om klein Barend die oggend te versorg en het hulle nie gehoor nie omdat daar altyd musiek in die huis speel. Sy raak net bewus daarvan dat sy nie alleenis nie en toe sy opkyk staan Rosa met n breë glimlag in die deur vir haar en kyk.
Die blydskap wat van Zelda besit neem is onbeskryflik. Vir n paar oomblikke is sy lam en dan storm sy vorentoe om Rosa in n greep teen haar vas te druk terwyl die trane loop en sy deur die trane deur vir Rosa vra: “nou waar kom jy nou vandaan”.
“Ons het gevlieg natuurlik, hoe anders sou ons dan hier kom mmm”, vra Rosa terwl sy haar los wikkel uit Zelda se greep uit.
“Ons, wat bedoel jy met ons”, vra Zelda.
“Die hele familie sit hier voor in die sitkamer Zelda. Daar was geen keer toe ons hoor klein Barend is hier nie en het ons vanoggend baie vroeg met die Lehar op Lanseria geland, gou n motor by Avis gehuur en hier is ons”, antwoord Rosa terwyl sy naderstap om klein Barend, nou vas aan die slaap, beskou. Sag tel sy die ou kleintjie op en dan sê sy vir Zelda: “Kom ons gaan wys hom vir die ander. Hulle sit baie stil hier voor want ek het hulle die dood voor die oë gesweer as hulle n geluid maak om my verrassing te bederf”.
In die sitkamer sit hulle, Manuel De la Rocha, Maria en oupa De la Rocha. Manuel staan eerste op en druk Zelda teen hom vas terwyl hy sê; “En nou het jy van my n oupa gemaak my dogter. Baie geluk en mag julle net vreugde van hom geniet”.
Rosa trek die kombersie van die gesiggie af en almal staan nader. Nadat sy gegroet het neem Maria klein Barend by Rosa en soen klein Barend op die voorkop en sê iets in Spaans wat Rosa moet tolk: “Maria vra of sy die kleintjie se ouma mag wees”.
Zelda sê dadelik: “Natuurlik”.
Rosa tolk en Maria se gesig blom en is dit oupa De la Rocha se beurt om die kleinding te beskou. Ook hy sê iets in Spaans en Rosa antwoord hom dadelik en dan tolk sy vir Zelda; “oupa De la Rocha het gevra of hy die kleintjie se oupagrootjie mag wees en ek het hom sommer dadelik gesê dat dit reg is met jou”.
Paul moes seker in die winkel agter gekom het dat daar iets aan die gang is by die huis en besluit om te kom kyk wat aangaan. Vir hom is die verrasing net so groot om sy hele skoon familie daar aan te tref en weet hy dat data gaan vleis gebraai word en in sy hart hoop hy Rosa het n bottel tuqella saam gebring. Een groot oog kyk vir Rosa en n ligte glimlaggie van haar kant af en hulle weet, vanaand is dit n laat aand.
Gelukkig is dit Saterdag en kan Paul die winkel vroeg toemaak en toe sy mense ook nog kom kuier word daar gekuier tot laat die aand voordat almal gastehuis toe vertrek om daar te gaan oorslaap.
Die Spaanse familie bly twee dae oor en dan vertrek hulle weer vroeg die oggend Lanseria toe waar die Lehar wag. Hulle is egter weg met n plegtige belofte dat daar vir hulle in Mardrid sal moet gekuier word. Hulle moet net die woord spreek en die Lehar word gestuur om hulle te kom haal.
“Liewe dagboek. Dit is nou die laaste blaai in jou en is dit my laaste inskrywing in jou. More begin ek n nuwe dagboek saam met n nuwe hoofstuk in my lewe as moeder en vrou vir die wonderlikste man op aarde.
Dagboek en toe word ek verras met n besoek van my mense daar uit verre Spanje wat hulle nuuskierigheid net nie kon bedwing om te kom kyk hoe lyk klein Barend nie. Mens kan nie dink dat ek na al die jare se pyn, hartseer en verdriet soveel geluk kan ervaar nie, die lewe is n lied.
Dagboek ons is uitgenooi om in Mardrid te gaan kuier en sodra klein Barend bietjie sterker en groter is gaan ons beslis Mardrid toe. Waow dagboek ek sien uit daarna om te gaan dan kan ek ook spog ek was oorsee maar vir nou wil ek my kind en my man geniet. Tot siens dagboek ek bêre jou met groot heimwee in my kas en sal jou altyd onthou”
8 Kommentare
-
-
Anze
Dit was heerlik om jou verkorte weergawe van Zelda wer te kon lees. Dankie vir jou moeite! Hoop om sommer vinnig n nuwe verhaal uit jou pen te mag begin lees
-
Arnold
Geluk met die prestasie Neels.
-
Ronel Janse van Vuuren
"hoe anders sou ons dan hier kom mmm" vraagteken aan einde. Onthou al die notas oor taal en styl in vorige hoofstukke en pas dit toe soos jy redigeer. Gebruik al jou sintuie soos jy skryf - hoe ruik die troukoek?, hoe proe die tequila?, soos wat voel die pyn wat deur Zelda skiet wanneer sy in kraam ingaan?, hoe klink dit wanneer al die familie van Spanje saam praat? - jy's baie goed met hoe dinge lyk, deur die ander sintuie ook te gebruik sal jy die leser dieper in die storie intrek. Alle sterkte met die redigering en met die kompetisie :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Baie geluk Neels, dat jy met moed en durf deurgedruk het om hierdie hele verhaal weer 'n keer te skryf! Ek is seker dis nou redigeer-gereed.