Jongste aktiwiteit:

Basiese Profiel

Eerste naam
Van
Geslag
INK naam

Boerklong

Biografie

Daar is nêrens op aarde ‘n mooier plek as die Karoo nie, seker omdat dit sy mense so na aan die grond en op hulle knieë hou.  Dit is hier waar ek gebore is, en ook waar ek eendag begrawe wil word.  Die Karoo is nie ‘n plek nie, dit is ‘n lewe waarvan die kosbaarhede weggesteek is soos die velddiertjies en die mense wat daarin woon.

Baie dae as ek alleen in die veld op ‘n swart klip sit, die wind op my gesig voel, en die grond deur my vingers strooi, dan verlang ek na die ou dae toe ek nog ‘n kind was.  Dit is hier waar ek my Pa in die binneklant van my hoed ruik, dan staar ek met verlange oor die pragtige vlaktes van die ou Karoo.

Ek, Petrus Vermeulen is gebore in Carnarvon 1972 en voltooi my skoolloopbaan in 1990 te Hoërskool Prieska.  Na skool is ek gekeur om by die SAW – Kerkkoor en Konsertgroep (Kanaries) aan te sluit.  Met meer as 365 optredes landwyd voltooi ek hierdie lewens-ondervinding-jaar en begin met die boerdery in 1992.  Vandag is ek ‘n suksesvolle skaap- en beesboer.  Ek is met die wonderlikste vrou Lamé, getroud en saam het ons twee pragtige kinders, Daniélle en Pieter.

Ek glo in familieskap soos wat ek in Vicks en moerkoffie glo, asook in ‘n hoë morele waardestelsel en ek het ‘n afsku in gematigdheid.  Ek glo dat geregtigheid die basis van alle soorte liefde(s) is, en dat niemand sonder selfrespek kan voortbestaan nie.  Water, Koffie en n Kaapse Pinotage is my gunsteling drankies.  Saam met ‘n goeie wyn, mooi musiek en literatuur kan n mens aan die hemel raak.  My grootste begeerte is dat my kinders, eendag as hulle die huis verlaat, aan die Woord van God gehoorsaam sal bly soos wat hulle van kleins af geleer is, en daarmee saam dat hulle tot die dood toe sal stry vir die Weg waarop hulle geplaas is.  As ek eendag kan aanskou dat hulle geluk in die regte lewensmaats vind en as oupa my kleinkinders kan vashou, sal daar vir my geen groter rykdom op aarde wees nie

 

Verjaarsdag

1972-02-14

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed