Anzé Bezuidenhout, stigter van INK Skryf in Afrikaans het weereens ‘n onvergeetlike Gala-aand aangebied. Die glansgeleentheid het in regte Hollywood styl op 11 November 2023 te Batter Boys in Montana plaasgevind. Gaste van reg oor Suid Afrika en selfs Namibie is begroet met ‘n rooitapyt ontvangs.
Die Ink webtuiste www.Ink org.za bied ‘n platform waar digters en skrywers maandelikse opdragte moet voltooi. Die deelnemers begin by Bronsklas en skuif dan mettertyd op na Silwer, Goud en ook ‘n meesters afdeling. ‘n Anonieme Moderator evalueer die werke deur die jaar. Wenners word aan die einde van elke jaar vir hul harde werk vereer. Die Gala is ook ‘n geleentheid vir die digters en skrywers om mekaar beter te leer ken en ‘n feestelike aand saam te geniet.
Ink bied ook jaarliks ‘n dig en skryf kompetisie aan en die wenners word dan ook met die Gala aand bekend gemaak. Inkspraak 3, Volwasse stories en ‘n Jeugbundel het hierdie jaar die lig gesien. Trofees, boekpryse en sertifikate is deur die loop van die aand uitgedeel terwyl Jenny K en Natalie van Coppenhagen die mense met uitstekende sang vermaak het. Francois Terblanche was die seremoniemeester en het met sy ligte komiese trant die aand volmaak afgerond.
Ink bied ‘n platvorm vir ons Jeug om uiting aan hul skryfwerk te kan gee. Die dig/skryf kompetisie was hierdie jaar oorval met inskrywings van uitsonderlike gehalte. Beoordelaars onder wie Karin Zoid, Jackie Nachtegaal en Francois Terblanche, moes mooi trap om wenners uit hierdie talent te kies. Elke inskrywing was ‘n wenner.
Die hart van INK klop behoorlik vir die bevordering van gehalte poësie en kortverhaalkuns in Afrikaans.
Besoek gerus die webtuiste (https://ink.org.za) om deel te vorm van so ‘n uitstaande platform waar woorde vlerke kry en skrywerstalent hemelhoog vlieg, want INK maak drome waar.
‘n Spesiale dank aan almal wat hierdie jaar se Gala-Aand so ekstra spesiaal gemaak het.
Vlinderellas en prinse vlieg hoog by Ink se 8ste Gala-aand
Dit was n onvergeetlike aand. Vroegaand al het die vlinders en hulle metgeselle oor die rooi tapyt die Ink onthaalsaal betree. Die tema was duidelik oral opmerkbaar. Vlinders.
Gee jou woorde vlerke. Ink Skryf in Afrikaans het die gaste verras met ‘n sprokies atmosfeer van groen, pers en silwer. Vlinders, kandelare, boeke en oudhede was oral te sien. Hierdie jaar het Ink voluit gegaan. Die gaste kon ‘n glasie vonkelwyn voor die onthaal geniet. Oral het groepies digters en skrywers rondgestaan om foto’s te neem.
In die eetsaal het daar groot opwinding geheers. Hein Straus , die seremoniemeester vir die aand, het almal met sy grappige uitlatings vermaak terwyl die sanger Jaycee se diep sangstem die saal gevul het. Onder die gaste was dan ook Johan Coetzee van Naledi, Ilette en Lizel van Groep 7 en die bekende digter Johan Lodewyk Marais wat dan ook van sy digbundels as addisionele pryse uitgeloof het.Die verrigtinge is afgeskop met ‘n sangitem deur Jaycee wat die gaste op eg Afrikaanse musiek trakteer het.
DAAR IS OOK VAN DIE GELEENTHEID GEBRUIK MAAK OM TER VERDUIDELIKING DIE 3 BENE VAN INK SKRYF IN AFRIKAANS UIT TE WYS AANGESIEN DAAR STEEDS VERWARRING BY DIE MENSE IS:
Hier regeer die bekwame span dames en een man hulle hou die INK naam hoog met weeklikse temas en maa kook die lede bewus van die webwerf. Die fb groep is op geen manier met die webwerf gekoppel nie en kan mense net aanmoedig om deel te word van die webwerf om sodoende hulleself verder te bekwaam in hetsy digkuns of skryfkuns.
WEBWERF
Anze is alleen in beheer van die webwerf, sy hanteer alle administrasie en ander take soos die projekte wat sy anoniem trek maandeliks vir beoordeling deur INK bekwame onafhanklike moderator span. Hier registreer mense n profiel en begin om n skrywersprofiel saam te stel vir hulle self.
Die INK Skryf in Afrikaans dig en skryf kompetisie
Ook hier is Anze alleen in beheer van alle administratiewe sake. Sy ontvang die inskrywings, trek dit anoniem in n dokument vir die beoordeling deur die beoordelaars, want die inhoud bepaal die wenners nie die persone nie. Sodra die beoordeling afgehandel is en sy die titels van die wen inskrywings (dis die top 5 in elke afdeling) ontvang het begin sy om weer die name by elke inskrywing te plaas wat wel deur die beoordelaars gekeur is vir publikasie en om die bundels saam te stel. Daarna gaan dit vir proeflees en volg die pad tot waar julle dan aan die einde van die aand ons pragtige saamgestelde INKSPRAAK bundels in julle hande kan hou.
BORGE:
Solidariteit
Afrikaanse Taalmuseum & Monument
Afriforum
Afrikaans.com
Academy Brushware
Pharos
Groep 7
Dreyer & Engelbrecht prokureurs
Louis Braai hout
Louis vd Merwe vir die rame
Leigh Franck
Ink wil ook net die volgende persone bedank vir hulle volgehoue ondersteuning.
Karin Zoid en Jackie Nachtegal – Beskermvroue van INK Skryf in Afrikaans
Emsa Haasbroek
Amanda de Meillon
Wendy Leigh en Calvin Blignaut
Ella van Wyngaard
Linda du Plessis
Rozaan Jansen van Rensburg
Louisa Van Vliet
Gerhard Badenhorst
Kreatio Bundel
Hein Stause as seremoniemeester
Jaycee as sanger
Mag elkeen van julle se woorde aanhou hoog vlieg en onthou as jou drome jou nie bang maak nie droom jy te klein.
Hier volg dan die wenners vir 2023
INK WEBWERF TOEKENNINGS
NUWELINGE
1ste plek Emsa Haasbroek
2de Retha Weir EN Loret Zwarts
3de Anita van der Walt
Meningstukke:
1ste plek Amanda de Meillon met Stille waters
2de Louisa van Vliet met In die hemel
3de Ano met Samesyn sonder die grinch
Rubrieke:
1ste plek Marlene Erasmus met Winterdood en die mens
2de Driekie Grobler met Van hanekraai tot briekaandraai
3de Paula Paxton met Musiek magspel
Artikels:
1ste plek Ano met Integriteit, meer as net eerlikheid
2de Marlene Erasmus met Neologismes
3de Ano met Wanneer hartseer ‘n gewoonte word
Verhale:
1ste plek Fanus Strydom met Noodvlug
2de.Hennie du Toit met Idiome
3de.Riaan Palmer met Oorlog van die onskuldiges
Gedigte:
BRONS
1ste plek Elna Kruger met Misrypkoue
2de Fanus Strydom met Blouoog brak
3de Drienie Kelly met skink vir my die heelal
SILWER
1ste plek Elize Kruger met Paradoks
2de Amanda De Meillon met Wit geskrik
3de Pieter Mosterd met Sinestesie
GOUD:
1ste plek Elmarie Nienaber van Kampen met Vryheidswaan
2de Andries Fourie met As sonnette begin sing en dans
3de Loretta Szikra met Dorsgety
INK KOMPETISIE 2023
2023 – JEUGWENNERS
PHAROS BOEKPRYSE
JEUGDIGTERS
Anja Horn
Simone Jordaan
JEUGSKRYWERS
Ethan Bester
Danel Botes
PUBLIKASIE PRYSE – GROEP 7
JEUG DIGTERS
JD Fourie
Quiriané Charilaou
JEUG SKRYWERS
Larissa du Preez
Ruben van der Merwe
WENNERS VAN DIE KOMPETISIE 2023 (JEUG)
JEUG KORTVERHALE
Kroonblaar Danri Pistorius
Thomas René Viljoen
Die paartjie Ethan Bester
Verstarde beelde Mia Le Roux
Wenner
Die lam in my bad Kaera-Lee Eksteen (10 JAAR OUD)
JEUG GEDIGTE
5.Blaai – Danri Pistorius
Lief, liefde, liefste – Anmari Grobler
My koei – Iza de Villiers (10 jaar oud)
Sewe minute – Sunell Coetzee
Wenner – Verlange/Stylfigure Jenna Wilkinson
VOLWASSE DEELNEMERS:
PHAROS BOEKRPYSE
VOWASSE DIGTERS
Linda du Plessis
Tertius van Heerden
Emsa Haasbroek
Net Kulu
Deon Swanepoel
Ansie van der Merwe
Elmarie van Wyngaard
Cornien Naude
Francois Meyer
Johan Jansen van Rensburg
Magel Afrika
VOLWASSE SKRYWERS
Yolandi du Plessis
Wilamri Marx
Wendy Leigh
Elna Kruger
Frikkie Dippenaar
PUBLIKASIEPRYSE – GROEP 7 –
VOLWASSE DIGTERS
Ina Pretorius
Ella van Wyngaard
Paula Paxton
VOLWASSE SKRYWERS
Steve Lategan
Liz Schlimmer
Alwine Folcher
WENNERS VAN DIE KOMPETISIE 2023 – VOLWASSE AFDELING
VOLWASSE KORTVERHALE
Operasie – Kaktus Elna Kruger
Opsoek na T-Rex in Parys – Barend JF Wessels
Lorilei – Amanda de Witt
Klipvrou – Lizanne Kruger
WENNER 1. Die nagmerrie – Alwine Fölscher
VOLWASSE GEDIGTE:
Die solder – Alet van Heerden
Kopulasie – Annelie Gericke
As niemand van jou weet nie – Drienie Kelly
Sondevloed – Anne-Marie Kotzee
WENNER 1. D’mentia – Carin Erasmus