opreg koud
kraakvars waarhede in skanse van prag en praal snoesig in rypdos (rypdos….sagte ryp wat val) © Francois Meyer (Silwer)
bibberbly
witbaard gedagtes pendelveer koud en vlytig vlokkievars vreugde (pendelveer …beweeg) © Francois Meyer (Silwer)
pronk koud
ys stalagmiete ets teen sneeupluime, pronkend statig druppende sneeupluime …ysformasies © Francois Meyer (Silwer)
Haikoe (Junieprojek SILWER)
yskristal skitter kuns bestaan die heelal oor vergaan steeds smeltend ©ASvdMerwe
Koud én nat? Nee dankie!
(Woordtelling 747 ) Nee wat, ’n wintervakansie is net so lekker langs die warmer suidkus se strande as om te betaal om elders koud te kry. In elk geval, ons Suid-Afrikaanse kleredrag laat nie veel ruimte vir sulke uiterste koue nie en as jou skoene eers nat geword het van daardie pragtige sneeu, voel jou […]
Haikoe (Junieprojek) SILWER
wintervlok verwit verstil en heilig, reinig wasdom wat weer kom ©ASvdMerwe *wintervlok = sneeu (vanaf sneeuvlokkies)
Mei 2023 – OOP projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 9 lede! WENNERS GEDIGTE GOUD No. 10 Loretta Szikra met Sal jy onthou No. 30 Andries Fourie met Ingehaal No. 18 Loretta Szikra met Absoluut relatief SILWER No. 24 Zebulon Kochk met Hou moed No. 17 Zebulon Kochk met Kaktuslewe No. 2 Marlene Erasmus met Werk is werk BRONS
Sy genadetroffeltjie
Sy genadetroffeltjie messel elke kraak elke skeur elke treur wat in my lewe gebeur met die hellende gom van Sy bloed volkome geheel kan ek deel met die uitdagings in die drukgang van die lewe Sy genadetroffeltjie heel my lewe geheel … ————oo00oo———– © Pieter Mostert
Kan, wil, moet? Of nie.
(Woordtelling 796) Verby is daardie dae toe die oorvloedige hartseer van ander my tande onbeheerst aan die klap laat gaan het. Die enigste verskoning wat ek kan aanvoer is dat ek nog jonk en onnosel was en verseker nie in staat was om by ’n ander te staan terwyl die lewe hul die een […]