Goud oor die Namib
Die son het goud oor die Namib gesak met sy laaste strale oor die skimmel-groen grasvlaktes gestreel die laaste skadu’s op die duin laat speel – tussen die enkele graspolle wat daar hou en stil aan die westekant het die berg in blou dit alles gade geslaan in dankbaarheid gesug oor die koel aandlug […]
barrevoets (SILWER)
barrevoets die dor droogte se dreigende drogbeelde draai in my gedagtes waar tolbos oor die werf aanrol vandag se rooi Kalahari-wind waai in wilde warrels hier waar lammer-karkasse bleekwit opgestapel lê spoedig beweeg alles stadiger, die lewe loop sleepvoet ek verlustig ek my aan ʼn onbereikbare oase op die horison “ag Here, dit is dan […]
In Hierdie Oomblik
(Woordtelling 713) In plaas daarvan dat ek my ou gewoontes uithaal en my tot in ʼn ander bloedgroep in vererg, besluit ek een oggend dat dit nou tyd is om bietjie vonkelnuut oor hierdie hele kraglose affêre te dink. Eskom en sy berugte skedules maak te dikwels my wiele pap. Sug. Dit wissel ook […]
Die Vryheid van Keuse
(Woordtelling 1080) “Life is a matter of choices, and every choice you make makes you.” – John C. Maxwell Elke dag wat jy wakker word is daar ’n geleentheid om die lewe met kraaknuwe oë raak te sien. Elke. Liewe. Dag. Niemand kan verwag om ’n ander uitkoms te kry as hy net met […]
Neologisme.
Neologisme. Wat beteken neologisme? In ʼn taal staan neologisme ook bekend as ʼn nuutskepping, ʼn woord wat oor verloop van tyd ontstaan het en gebruik word deur mense om by hulle omstandighede te pas. Later kan die woord dan ook erken word as ʼn nuwe woord. Taalkenners is in baie gevalle skepties en sien hierdie […]
Lugbraaiers het die wêreld op hol!
Praat met enige persoon in die koswêreld en jy sal agterkom dat hierdie vindingryke toestel op almal se lippe is. Vir meeste is die toestel kraaknuut en het dit gekom om te bly. Tien teen een het jy al jou vriendinne hoor spog oor hoe maklik en vinnig hierdie nuwe wonderwerk kos op die tafel […]
Op die nuwe jaar.
Op die nuwe jaar. Aan die begin van nog ʼn nuwe jaar is dit asof almal smag na ʼn vars, nuwe begin. Dit laat my wonder: is daar nog werklik so iets soos nuuts? Die skrywer van Prediker verwoord sy soeke so: “Wat was, sal weer wees; wat gebeur het, sal weer gebeur. Daar is […]
Gebed vir ‘n vonkel jaar
Brons afdeling Gedig deur Johan J van Rensburg Wonderlike vonkelnuut jaar wat voorle” as n’ vars verassing ons saam vriende , familie weer gespaar vir wat die jaar uitdagend bied Verby die vrolike feesgety mense optrede soms te beserk nie te veel gewerk opdaag met grootste babelaas My gebed vir n vonkel […]
Voëlvry
Ek het die kettings van jou mag skakel vir skakel afgeruk en vonkelnuut uit die fratsgolwe van jou stormgemoed gevlug vêr vêrder v ê r w e g tot waar die westerson agter die kimlyn lag en vrede triomfeer waar ek v o ë l v r y van flenterliefde is en onthef is van […]