Jongste aktiwiteit:

Basiese Profiel

Eerste naam
Van
Geslag
INK naam

Marsofine

Biografie

Op 16 jarige ouderdom het ek begin dig nadat ek my Pappa skielik aan die dood afgestaan het, hy was my enigste ouer, my anker, en my vriend en my verlies  het my geïnspireer om my emosies vas te lê op papier. Die lief en leed van my vriende en verdere verlies van my seuntjie David op 4 maande wat my deur die jare telkens aangehelp het om my hand aan die pen te slaan en my gedagtes op papier vas te lê. Die lewe wat sommer net met my gebeur het en die genade van my hemelse Vader dat ek dit kon omsit in woorde.

Het ook op skool ‘n groot liefde vir poësie gehad, en my grootste liefde was RAKA van NP van Wyk Louw. Met die aansporing van my Afrikaanse onderwyser, Mnr Niewoudt, het ek net nog ‘n groter liefde ontwikkel vir die digkuns en gedigte en die ontleding daarvan.

My liefde vir die natuur as ‘n Namakwaland se blommekind en verder deur die besonderse vrou wat die enigeste ma is wat ek geken het Tannie Ellie aangespoor is deur haar eie liefde vir blomme en haar pragtige tuine. 

Totdat ek in 2017 besluit het om dit te waag om in te skryf vir die ATKV Pluimpies.  En my nominasie vir ‘n toekenning het my laat begin droom oor my eie bundel.  Daarna het ek Heleen Malherbe van Malherbe Uitgewers elektronies ontmoet, saam met Marietjie Espach het sy die bundel van alle Namibiese skrywers en digters uitgebring Stemme uit Namibia 1 waarin daar van my gedigte opgeneem is. 2018 het ek weer besluit om in te skryf vir die ATKV Pluimpies en eers nadat ek gehoor het ek is weer genomineer vir ‘n toekenning, het ek geweet nou is die tyd om met die wêreld te deel wat uit my pen vloei en hopenlik sal dit mense wat dit lees inspireer en sal hul hulself kan vereenselwig daarmee.

Dit sal ‘n bundel wees geskryf in verskillende lande op my reise met my werk, oorspronklik op servette in restaurante, op kasregister strokies, op enige papier met ‘n skoon strokie op daardie oomblik wat die woorde begin waai en later oorgeskryf in een van die vele joernale wat sommer net so ongeerg oral in my huis lê vir wanneer die woorde vloed my brein oorstroom.

Dank aan Willem Woes wat die visie gehad het om die WOES webtuiste, platform vir Afrikaans, te begin en die geleentheid aan mense soos ek met ‘n droom in my hart en woorde wat waai, te gee om blootstelling en kommentaar van mede versie skrywers te gee om te groei en te leer van mekaar, want sonder WOES sou ek nooit bly skryf het nie.

Dan Heleen Malherbe van Malherbe Uitgewers, wat my droom verwesentlik het, en Wooorde wat Waai, my digbundel ‘n werklikheid gemaak het vir al haar raad en bystand met die samestelling van die bundel.  Heleen is regtige die ‘Fairy Godmother’ vir sovele skrywers en digters en verdien die grootste eer en dank.

In die laaste helfte van 2018 het ek my hand aan kortverhale gewaag en dit was van die begin af ‘n sukses storie.  Intussen is ek aangemoedig om Afrikaanse Fiksie te skryf en het tot op datum 3 manuskripte wat goedgekeur is deur Malherbe Uitgewers en in die proses is om voorberei te word vir druk.

Dig en skryf is my passie en ek dank my Vader dat ek dit kan doen.

Verjaarsdag

1961-09-05

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed