
Goud oor die Namib
Die son het goud oor die Namib gesak
met sy laaste strale oor die skimmel-groen grasvlaktes gestreel
die laaste skadu’s op die duin laat speel – tussen die enkele graspolle wat daar hou
en stil aan die westekant
het die berg in blou
dit alles gade geslaan
in dankbaarheid gesug
oor die koel aandlug
aan die einde van nog ‘n dag
en die vrede voel daal oor
kranse en dal en sandduin kaal
‘n vrede wat die siel stroop
van die smart en die pyn
wat die mens se hart verniel
en siel laat naak en kaal
die stilte oor hom daal
sodat hy weer
op die aandwind
sy God se stem kan hoor
en hom laat bekoor
oor die son wat hy goud oor die Namib sien sak.
(c) Marsofine Krynauw
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Sjoe wat 'n pragtige woordskildery!