Jongste aktiwiteit:

Berg jy sal vandag nog skuif

Berg, jy sal vandag nog skuif …

 

Koskaste en beursie hou ’n geveg, hulle kyk wie is die meeste leeg.

 

Die bank besluit dit is hy wat wen. Geen sent sal jy vandag verdien.

 

Die berg lê hoog hier voor my … ek het al van hom gehoor, sy naam is kommer.

 

Hy het al vir geloof laat struikel, gebed laat val. Hoop het al hier van die kranse af geval.

 

Berg, ek is op my weg na beter dae. Ek weet jy is hier om my te keer, maar weet God is hier in beheer.

 

Staan op en werp jou weg, alles wat leeg is, raak nou vol; dit wat vol van lelik was, raak nou leeg …

 

Dit spreek ek vandag in die gees, dat berge sal val en seën oor die mens se lewe sal reën.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed