Jongste aktiwiteit:

Hoe laat is dit

Hoe laat is dit?

 

Tyd kom en gaan, los sy stofspore wat nooit weg sal gaan.

 

Daar bly iets om te onthou tussen wat was en wat moes.

 

Net nog ’n bietjie tyd is iets wat die mensdom soek.

 

Tyd om reg te maak, tyd om te laat gaan. Tyd om in te haal wat verlore geraak het.

 

Netnou word môre, môre word nooit, die uur van tyd het afgetik …

 

Hoe laat is dit nou? Het ek nog tyd voor ek die laaste sekonde sou verbrou?

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed