Vooruitsigte van ʼn mooier môre.
Vooruitsigte van ʼn mooier môre. As ek aan my gunsteling Afrikaanse liedjie dink, kom Sproetjies, gesing deur: Sias Reinecke dadelik in my gedagtes op. Die fluweelsagte stem van Sias as hy gevoelvol sing oor die dogtertjie met die sproetjies, roer nou nog aan my hartsnare. Onlangs sit ek luister ek weer mooi sorgvuldig na die […]
vasgevang (Goud)
die klawerboks se ivoor-en-wit vind en trek klanke uit my vingers gooi hul heen en weer en eindelik soos confetti in die wind die klanke, vry-gebind draal ‘n wyle voor hul probeer rus in ruimtes se blou ooptes vind gevlieër en gebind moet hul weer terugkeer en sodra die lied verstil my vingers […]
Jannie wil nie sing nie.
Februarie Maand Kortverhaal- Brons afdeling Jannie wil nie sing nie – Johan j van Rensburg Woorde: 1195 Opgewonde oefen die kinderkoor vandag weer in die groot kerk van die NG Kerk Elspark in die Oos Rand. Die orreliste en koorleier Tannie Christa is wel bekend om die beste uit haar kinderkoor te kry. Die […]
vryheidswaan (Goud)
stap ek en jongboet in die natlek-terugtrek van die see se brekende branders dáár waar die grotes rotse wil klief hul woede mistig uitspoeg in fyn misreën vra jongboet… is branders nuut? sê ek… ek is nie seker nie vra jongboet… en is hulle vry? sê ek… sekerlik nie dalk is die […]
waarlik vry (SILWER)
waarlik vry met haar glimlaggende gelaat: stralend hou sy die Himalaja-blou papawer vas strelend, sag speel sy die ou-ou speletjie “hy’s lief vir my, hy’s nie lief vir my …” sy trek die blaartjies af, tuimel grondwaarts eerste een is vir liefde, dan volg vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing as al […]
Roep van die Tarentaal
blou koepel die hemelruim stil hang die doppruim se blare in ‘n windstil oggendson silhouet ‘n skaduwee grondwaarts agter salueer die Dwarsberge kranse weerkaats silwer strepe deur ‘n golwende groen Mampoervallei in stille ritme ‘n trop tarentale gee lewe in die eerste sonnestraal wat skaam loer waar hulle speel in ‘n stofwolk hul geroep eggo […]
Verwronge liefde
Sy vuiste vreet soos wolwe wat dink hulle is vry vry soos dweepsiek golwe aangehits deur springgety. Soos beendiep kneuse agterbly as twis strydlustig eskaleer en rou repe deur ‘n wese skeur wat geen aanslag durf bestry oorskadu deur die die duisternis taan ‘n beangste siel versweë innig gekrenk en dom verskree; selde meer van […]
Dansers
ongeag status stotter ons elke oggend oor dieselfde eentonige teer werk, salaris, koop herhaal, dis ń tone-trap wals stop die gewals hardloop weg veld in base, vrou en kinders sal verstaan trapmeul vryheid word so verkry, dis jou eie vrydans* oggend reuke die spek en eier op vars brood vereis, eiers breek, varke slag, koring […]
Wolkloos was die hemel (Goud)
Waar winde van waansin nou wemel het kommerwolke grou stapels gebou teen die asemsnak blou-blou hemel wat uitgespan was oor my en jou. Verslae, sonder bek of binnegoed staar ons die gespuis agterna terwyl hulle op ons landsvet voed en die hemel ook stuk-stuk wegdra omdat hulle dink hulle is vry en kan maak en […]
semels in die seewier Silwer Februarie projek
vuurvliegies dans in die ligkrans van die maan soet sluit see-akoorde by my hartklopritme aan verlange splinter skerfies blink as die lyfies in die lig rinkink stil weergalm die blou van jou seer in die roksoom wat oor die rotse sleep en in die sug van die golwe voel ek jou laaste smeekgebed is jy […]