Roep van die Tarentaal
blou koepel die hemelruim
stil hang die doppruim se blare
in ‘n windstil oggendson
silhouet ‘n skaduwee grondwaarts
agter salueer die Dwarsberge
kranse weerkaats silwer strepe
deur ‘n golwende groen
Mampoervallei in stille ritme
‘n trop tarentale gee lewe
in die eerste sonnestraal
wat skaam loer
waar hulle speel in ‘n stofwolk
hul geroep eggo deur die hol kranse
want hulle dink hulle is vry …
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.