Jongste aktiwiteit:

onsiende

om te sien is om te glo
maar dié wat blind is glo ook

vanoggend sit ek op my duin in stilte
vasgevang in helder sonligstrale wat verblind
my oë toe, verskans teen weerkaatsing op golwe
wat skitterend beweeg soos miljoene sterre se lig
elke beweging blits skerp terug land toe in my oë
die see stuur vandag morse-kode blitse na my
my digitale brein te stadig om te ontsyfer
maar ‘n briesie bring wel die boodskap
waar sal jou hulp en wysheid wees
jy wat op jou duin sit en sweef
draai jou gees nog oor water
waarmee sal dit terugkeer
fotoverhale speel af
agter geslote ooglede
wat warm sonstrale verbloem
maar nie verhaal kan keer

©Tearlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak