Penastrofie
Die taal wat my bors oop skeur klief strategies en presies om denke te dissekteer met minimum ink verlies Vasgespalt lê my hart in frases wat allitereer om sin te maak van smart soos letters op lip vibreer Rymende vers wat die hart ontsmet rou rowe word in sinne droog bloed stol gou as jy […]
Zambië Kuier – 5
Nadat ons gisteraand papsopnat gereën het in ’n opregte Afrika bosveld donderstorm, het ons vir die eerste keer in baie….baie jare ’n ondervinding met ’n donkie beleef. Nie ’n eee-aw donkie nie, maar ’n donkie wat ons van warm water moes voorsien. Ons hele tent was in ’n waas van rook gevul. Na ’n warm […]
Lentedag-ode aan Arno
Lentedag-ode aan Arno Ek het iewers oor vele jare my gawe van woorde verloor. Dinsdagaand in ‘n swetende stadsaal in die Strand besef ek dit eers toe Jak de Priester se woorde so mooi sing en iewers in my siel weerklink. Weliswaar wou my honger maag fikseer op die wit bakkie polistrieën-pannekoek in die hande […]
Psalm 33:6
Jy is deel van die sterre Die sterre is oneindig Dit maak jou oneindig Breek los, droomjager Jy is uitgeblaas
Koppie krap
Ek is maar net ‘n teekoppie Vasgevang in ‘n voëlhok Opgehang in ‘n boom vol vreemde goed Ek mis darem nooit ‘n sonopkoms nie Voëltjies sing my betyds wakker Soos hulle in die vreemde tuin speel Ek vang myself gereeld na die wind luister Dan wonder ek hoe ek hier gekom het – Hoe word […]
Gala aand – GASTEHUISE in Capitalpark Pretoria
Ek het hierdie kaart op google gekry. Die gala funksie word gehou te hAp huis Malherbestr 115, Capitalpark. Pretoria. Hier is solank ook ‘n paar gastehuis nommers: Amper bo, Malan straat Riviera- 012 323 2581 Palm view, Perk street- 076 542 5057 Vivians cottage, Gezina- ongelukig nie n nommer nie maar online booking 11th Avenue gaste huis, Gezina- […]
Neuriënd sing die winterwind.
Tula- Tula- sit stil my Babani onvoorspelbaar hang die onheil by Amatola maar stil sit wil die wit Pikanienie die verspieders had nie tyd vir Amakeia onvoorspelbaar hang die onheil by Amatola die assegaai lemme blink in die son al flitsend die verspieders had nie tyd vir Amakeia wie sal tog sorg vir die weerlose […]
DIE MAAN SE EENTAND GLIMLAG
Verdwaalde wit maanligstrale kwyl oor sy lippe verby sy eentand glimlag en plof soos kwiksilwer op die plaaspad se sinkpad boggel ruggies neer Skaam trek die maan wolke voor sy een tand glimlag mond en tel sy wit hoes asem skaduwees tussen die krakies van ‘n kakiebossie vir nog ‘n glimlag op Ek loop vanoggend […]
Ek ken ‘n taal
Ek’t gehoor daar’s ‘n taal wat van ver af kom – onwetend – oor ‘n blou oseaan om haar vlag te plant op ‘n suiderstrand en toe wankelend in wording moes staan. Ek’t het gehoor daar’s ‘n taal wat gewortel is in die aarde, soos die stam van Kambro wat dialek in Kaaps en Namakwa […]