Voëls in die lug
Die voëls in die lug roep uit:
Hoe groot is God! Van elke
voël se val is Hy bewus.
Hy sorg vir elkeen,
Klein en groot.
Die arend -doelgerig.
Met skerpe oog sien hy
Sy prooi. Hy sweef
So rustig
voort.
Met hoë spoed vind valk
Genoeg vir elke dag. Tevrede
met die dag se vangs,
vind hy sy vrede
in die lug.
Geruisloos vlieg die uil
met skerpe ore; luister
na die hartklop van die muis,
wat hy van baie ver kan hoor.
Tevrede met homself
Slaap hy dan deur
die dag.
Die kraanvoël, met sy lange bene,
stap met grasie, selfversekerd
van: Ek weet wie ‘k is!
Die vyand het geen kans
Om hom te pik! Met
lange bene trap
hy hom net
plat.
Elk’ voël soort, met sy eie roep,
loof God in die heelal.
Kom luister fyn –
Jy sal die
tortelduif
hoorsê:
Weet jý? God het jóú lief!
Weet jý? God het jóú lief!
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
pragtig werk Ina