Jongste aktiwiteit:

Dewet se wet

Dewet se wet

 

Van ver af staan die man al uit. Bofbalpet, kruisbande en ou kakiehemp.

 

Sy horlosie staan vas in jare terug, sy lewe loop al reeds in die nuwe tyd.

 

Broeke sonder belde, stukkend is die nuwe mode. Hare half gekam is die plek waar sy ouderdom eintlik hoort.

 

Vir dié wat hom snaaks aankyk, sê hy graag … so lyk gister, die plek waar vandag se mense graag nog woon.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed