Heimwee Lirieke
Bekende ou liriek, vat my op verlange reis. Na dae vol vreugde en hare sonder grys. Roer die snare van my hart oor gedagtes van oud. Na kamers ruim en groot, met vloere van hout. My hart bly in verlede terug loer, Na dae wat in tyd stadig verby kon sloer. Withuis, met jou geuwels […]
Die skaam son
Die skaam son Hoe somber hierdie wintersoggend dat tot die son ‘n traan wil stort die winde snerpend sny deur vaal gemoedere maar moedernatuur voor hibernasie stuur ‘n laaste melodie vir blare – bruin, rooi en goud wat laggend baljaar op die ritme van die wind en immergroen gestroopte bome oor hul naaktheid terg en […]
persoonlikhede
een draf langs die golwe ander stap stadig en rustig ek sit op my duin en bespied ander kom fluks met honde stap nog iemand kom toets breë bande meeste mense kom om stil te wees ander om ontslae te raak van stres tussen alles gaan see maar voort elke brander jaag tot op strand […]
Ons taal my Ma
My Moeder my Taal stut my wyl ons die Afrikamuse baar tussen die naelstring woordspel verhaal lei my tot anderkant kleuterkruip maar voor oud en kieriekrom laat jou sagte aarbelynde hande salwend mirre kennis voed en jou sagte lippe kus waar seer sy aalwyn etter gloed my Moeder my Taal vir jou is ek lief […]
winter reën
voor die donkerblou wolke waai daar mistige winde rollend en brommend trek dit oor die baai ysige slierte reën bedek elke huis binne brand kaggels met rooikrans hout knetterende vlamme wat hitte uitstraal aan bibberende mense in dik woljasse buite knus bokkies onder fynbos takke stomende lyfies selfs kiewiet is doodstil en uil sit vies […]
Afrikaans in ‘n moederskoot
Ek skryf een klein versie in die lig van ‘n kersie vir al die lag, lief en leef sit ek vandag weer op ma se skoot vir kalmte, rus en vrede vir liefde sonder ‘n rede daar waar ek veilig voel in jou arms wat my styf vashou vertel my weer die storie van moeder […]
N LEWENDE SPIKKELTJIE
‘N LEWENDE SPIKKELTJIE ‘n kosbare lewende spikkeltjie net so klein soos ‘n mostert saadjie met gemeenskap vorm die spermsel bevrugting vind plaas in die eiersel swangerskap vorm ‘n klein embrio baarmoeder se golwe klink soos ‘n trio moeder ontdek die wonder van haar fetus swanderskap word jy bewus van die akardiakus baba word gevoed deur […]
HERFSTYD
HERFSTYD Die windjie waai sterk om die draai orals val herfsblare neer sweeplslag dit weer en weer dit kleter klater een vir een waarheen is die somer heen al die bome droog en kaal die windjie koud en skraal al die blare wyd gesaai orals lyk dit tog so fraai in herf se mooiste kleure […]