HERFSTYD
HERFSTYD
Die windjie waai
sterk om die draai
orals val herfsblare neer
sweeplslag dit weer en weer
dit kleter klater een vir een
waarheen is die somer heen
al die bome droog en kaal
die windjie koud en skraal
al die blare wyd gesaai
orals lyk dit tog so fraai
in herf se mooiste kleure
reik die heerlike geure
die winter is weer hier
hy lê vir ons en gluur
dit kan ek jou vertel
die herfsdae is getel
©Eleen van Deventer Vorster
29/05/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.