Jongste aktiwiteit:

Ek kan nie minder omgee nie

Ek kan nie minder omgee nie …

 

Ek is wie ek is, foute en al. Niks kan my iets verder leer.

 

Ek gee voor ek is in beheer, kruip weg vir die Liewe Heer.

 

My hart voel soos ’n stoflap in die kas, opgebruik om ander blink te vryf.

 

Ek kan nie minder omgee nie, sê ek graag; hier in my kasteel sit ek tussen sak en as. Tog verwag ek die beste elke dag.

 

In my oë is alles perfek, tog is ek eintlik hier die gek.

 

Sou ek maar net my eie stoflap vat en skoonmaak tussen alles hier in my kop se rak, sal ek dalk ook die voorreg hê om koning te kraai op my hart se troon.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed