Verlossing
Die openbaring van voorkeur is nie beskore vir dit wat jou laatnag dryf tot slapeloosheid in die middernagtelike wroegings wat ontydig die slaap kom steel terwyl jou drome diep verborge in die ring van die maan loshande hang en vryval af grond toe nie en jy jouself boeglam skrik terwyl jou hart polsend teen die […]
Spesiale Aanbod: Feesviering van Eens… as ‘n Luisterboek
Ek wil graag met my INK familie die goeie nuus deel: “Eens…” is nou beskikbaar as ‘n luisterboek! Om hierdie wonderlike ervaring te vier, bied ek die sagteband boek aan teen R120 (posgeld uitgesluit) in plaas van teen R180. Jy kan my direk by miladyronel (at) gmail (dot) com bereik (verwyder die hakies en spasies […]
heuning op jou bord
in soet van heuning skuil heling soet heuningkoek op jou bord beteken gesondheid en voorspoed soos in land van melk en heuning in profesieë beteken heuning geluk beteken dit voorspoed en vryheid soete bereiking van volksdoelwitte uitlewing van jou eie kultuur goedere onder beproewing leer mens weereens wat heuning beteken omdat jy dit mis in […]
Onder ‘n Onsterflike Maan
Lig glinster vanaf stukkende glas wat oor die veld gestrooi is. In die verte gil kiewiete vir vreemdelinge in hul gebied. Dit is die perfekte plek vir ‘n romantiese piekniek. Joan gaan sit op die blokkieskombers en sug gelukkig. Sy kan nie wag vir Mark om op te daag nie. In ‘n lang lyn van […]
Woorde van goedheid
Wit lyk die lug hier waar ek staan en kyk hoe die boompie se blare verblyk Hoe hulle afteimel na die grond hoe die takke yl word wanneer die stilkoue oor hulle streel en alles vaal poleer Uit die smeltkroes van U lyding bring U vir my genesing vandag se tydelikheid is mŏre se werklikheid
luilekker dae
dou voordag kuier tortelduif roep hy sy maatjie op ons dak draai ek om en slaap verder geluk ruis deur die vroeë klanke laat oggend wek kransduif my sy gegons en brom ‘n nuwe lied staan ek lui op en trek aan te laat vir kerk te vroeg vir kos vroeg middag gesels ons saam […]
DIE DODELIKE SPEL DEEL 2
Luitenant Kas Dreyer sit met die dossier voor hom wat hy nou net van die moord toneel af saam gebring het. Die slagoffer is n onbekende, middeljarige, welgeklede man wat aan n skietwond in die nek dood is. Daar was geen teken van identifikasie waaraan die slagoffer uitgeken kon word nie. Vir Kas lyk dit […]
Strandgedagtes
Soms sit jý lank op die strand met jou tone diep in die seesand waar heel branders breek – tussen wolke, die son en ‘n perfekte horison. Jy haatlief ‘n wêreld wat mensvolmaak aan niemandslippe hang, en vra jouself af: “Wat het van jóú geword?” Jy sien hoe die vrees van leegwees skuimend oor ‘n […]
Die hartklop van God
Die hartklop van God In totale harmonie leef plant en dier in ritme met die hartklop van God waar mens gering voel in die stilte van Sy alomteenwoordigheid en tot jou asemhaling ‘n versteuring is dit is hier in die nabyheid van Sy hartklop waar Sy ontsagwekende handdruk ‘n blywende indruk skep ©PcV