Riglyne vir die ontleding van gedigte [L.W :Slegs riglyne]
Ek het al baie nagedink oor opmerkings wat op gedigte gelewer word.Die feit bly staan dat ons almal van erkenning hou en dat ‘n ‘mooi’ as opmerking, goud werd kan wees vir iemand wat ‘n plasing maak.[Veral as mens nog nuut is] Soms is dit egter nodig om meer in diepte kommentaar te lewer.
Dieperliggende kommentaar kan uitstekend wees – mits dit op die regte wyse oorgedra word.So baie potensieel goeie digters het al moed opgegee as gevolg van die neerhalende en ruwe manier waarop kommentaar gelewer word.
Om egter kommentaar te lewer op ‘n gedig sit nie in elkeen se broek nie.Mens moet weet waarna om te kyk en wat om te noem.Kennis oor ‘n taal en gedigte help gewoonlik baie om goeie kommentaar te lewer.Ons is bevoorreg om op hierdie blad uitstekende kommentators te hê.
Indien mens weet hoe om dieper na ‘n vers te kyk en kennis oor die analise van ‘n gedig beskik, sal dit soveel makliker gaan en ook professioneel vertoon.
Vervolgens gaan ek ‘n paar riglyne verskaf wat u voortaan kan gebruik om gedigte te ontleed sodat sinvolle kommentaar makliker kan wees.
Begin deur die gedig stil deur te lees.Kyk watter gevoel die inhoud by jou ontketen.Wees sensitief vir enige emosionele gewaarwordinge wat die gedig by jou laat posvat.Dink in terme van hoe dit jou laat voel en waarom jy so voel.Hierdie gewaarwordinge kan jou help om te fokus op die tipe reaksie waarna die digter poog om by die leser te kry.Neem deurentyd die titel in ag.Kyk of die titel pas by die inhoud en watter gevoel dit by jou laat.Skep dit bv.’n verwagting dat iets groots gaan volg?
Lees die gedig weer en stel vas waaroor dit op die oog af gaan.Kyk na die diepere betekenis van die vers.Kyk na woorde wat emosies ontlok en probeer vasstel watter emosies dit laat posvat en waarom.Gaan soek ook na die simboliese betekenis in die gedig.Identifiseer woorde of versreels wat as aanwysers kan dien en vra jouself af waarvoor dit daar gebruik is en wat dit moontlik kan simboliseer. Die woord lig word as voorbeeld hier gebruik.In teenstelling met die letterlike betekenis van lig kan dit gebruik word om waarheid,vrede en spiritualiteit uit te beeld.
Vra jouself af wat die skrywer probeer om uit te beeld en watter reaksies hy by die leser wil ontlok en waarom.Probeer bepaal wat die rede vir die skryf van sy gedig is.Bepaal wie die spreker is en wie die gehoor is.Is daar ‘n spesifieke persoon aan die woord?Is die spreker ook die digter?
Stel vas watter struktuur gebruik is.Is dit ‘n verhalende gedig ,is daar ‘n tema regdeur die gedig of dwaal die digter af.Hoe gebruik hy sy woorde?. Is die tipografie geslaagd? Hier kan gekyk word na horisontale ,vertikale plasings,diamatvormige tipografie ens.Kyk of daar ritme in die gedig is.Lees die gedig hardop en hoor hoe dit klink.Kyk ook of leestekens korrek gebruik word en of die gedig vloei.Die gebruik van leestekens moet oordeelkundig gedoen word sodat dit die beste in die gedig na vore laat kom.[Indien leestekens wel gebruik word] Kyk of daar ‘n opbou of groei in die gedig is.[van eenvoudig tot meer kompleks]
Die woordkeuse in ‘n gedig is belangrik.Woorde kan nie net lukraak saamgevoeg word nie.Kyk ook of daar moeilike of verwarrende woorde in die gedig is.Gebruik ‘n woordeboek wanneer jy ‘n gedig ontleed en maak seker dat die digter woorde nie verkeerd gebruik nie[binne die raamwerk van digterlike vryheid]Kyk na subtiele verskille in woorde en ook na effektiewe noelogismes wat aangewend word.
Let ook op na die gebruik van dighulpmiddele.Kyk of die digter assonansie ,alliterasie ,metafore ens.effektief benut. Dighulpmiddele moet oordeelkundig aangewend word en die gedig stig.Daarmee bedoel ek dat dit die gedig moet afrond en tot die geslaagdheid van die gedig moet bydra.Te veel is ook nie goed nie.
As u steeds sukkel om die gedig te verstaan, gaan terug en lees dit weer.Let veral weer op na die gevoel wat die digter wil bewerkstellig.Neem jou eie gedigte en ontleed dit en oefen so om ander se gedigte effektief te ontleed.
Probeer om nie gefrustreerd te raak nie.Sommige gedigte is meer ingewikkeld as ander.Neem jou tyd en laat die gedig met jou praat.Stel jouself oop vir die ‘klank’ van die gedig en kort voor lank het jy dit onder die knie.Vra jouself af wat doen die gedig vir lesers, wat sê dit en wat is die doel van die gedig volgens jou.
Ten laaste wil ek byvoeg dat ‘n ontleding met ‘n pen en papier byderhand, gedoen kan word.Relevante inligting kan gestipuleer word en dan in die opmerking aangedui word.
Onthou altyd om kommentaar op ‘n opbouende ,positiewe wyse te doen.Indien daar opsigtelike foute is wat pla, kan dit net op ‘n beskaafde en sagte wyse na die digter deurgegee word.
Bronnelys:
1.University of Winsconsin – madison:The writers handbook.
2.Wikihow:How to anallyze poetry [m.wikihow.com]