Oktober 2026 – Getal 10 projek
Beste INKers
Hierdie maand, synde dit Oktober is, die tiende maand op ons kalender, wil ek die syfer “10” speels koppel aan die uitdagings.
Ter inleiding: Die syfer 10 is histories nie net ’n getal nie, maar ’n simbool van voltooiing. Dit sluit ’n reeks af en maak terselfdertyd ’n nuwe begin moontlik. Van die vingers aan ons hande tot die Tien Gebooie, van die Pythagoriese filosofie aangaande die kosmos tot die metrieke stelsel – 10 staan vir orde, volledigheid en die punt waar iets “klaar” en “volmaak” is.
Jy kan jouself gelei voel om uit die inleiding, of deur jou eie interpretasie geïnspireer te word.
GEDIGTE:
1. Skryf ‘n gedig met slegs 10 reëls
2. Hoe jy die inleiding aan jou werk koppel is geheel jou eie keuse
3. Skep een neologisme (nuutskepping) wat jy in ‘n voetnota aandui
4. Daar is geen voorskrifte aangaande styl, stansa of rym nie.
PROSA:
1. Nie meer as 400 woorde nie
2. Interpreteer die inleiding en gebuik dit as onderstel vir jou aanbieding
3. Let asseblief op goeie spelling en sinkonstruksie.
KORTVERHALE:
1. 800 – 1500 woorde
2. Jou tema is (maar dit mag nie jou titel wees nie): Op die 10de vloer …
3. Skep goeie karakterontwikkeling en laat dialoog jou help om ‘n volronde storie te skep
4. Let op spelling en konstruksie.
Lekker skryf.
Innoverende mense doen dit in Afrikaans.
Projekbestuurder
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.