Jongste aktiwiteit:

Die kamer is stil

Die kamer is stil…

 

Langs die pad het jy voor my deur beland. ’n Vriendskap word gebou, bande word gesmee.

 

Die lewe het my geleer een hand gee terwyl die ander neem.

 

Wou jy net my aandag leen, want hier staan ek, die een wat gee en jy wat neem.

 

Tussen jou ego se geraas en die stemme in jou kop is my woorde eintlik vir jou te min.

 

Toe jy omdraai om weer te neem, was nog net my spore oor.

 

Stil, stil het ek lankal omgedraai vir jou, met jou eie gedagtes gelos om iewers die waarde van vriendskap raak te raai.

 

Jou ego het gaan rus, die stemme in jou kop geblus, ongelukkig los ek die kamer ook nou stil.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed