My Vriend
My vriend…
Jy vertel my jou storie, jou reis op hierdie lewensbaan.
Ek wens ek kon jou hand vat en sê: kom ons loop die pad verder saam.
Ek ken die paaie waarvan jy my vertel. Die klippe bult en diep riviere, rowwe see met branders wat jou wegvee.
So het elkeen ons verhaal wat ons kan vertaal.
Hierdie ou lewe wil gelewe wees en hy kies om die pad kaalvoet te stap. Ongelukkig vir my en jou bly ons aan die voet.
Tog bly die lewe ’n lied, daar kom ná elke moeilike tyd ook ’n koeltebries.
Dit maak nie saak hoe ons die stories oorvertel, die slot bly staan, met die storie se naam…
Liefde sonder ’n sprokie.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.