Jongste aktiwiteit:

Ek vra jou . . .

Daar is leemtes alom te vind
met ‘n gefluister van ‘n wind,
gloeiende oë sonder vlam
en ‘n iets wat is en opdam.

In stap en werke is dit te vinde
met die suising van stil winde,
woordeloos is die gesprekke
van ‘n klomp gesiglose gekke.

Met mag kom dit uit die duister,
dwing ‘n persoon om te luister,
Klaende, wenende, magteloos,
met woede al te vreeslik boos.

Dis onaantasbaar, en martelend
vul dit lewe tartend sonder end,
ongenaakbaar is die speletjie,
vol wrede woorde is sy liedjie.

Waarom speel ons hierdie spel
wat werklikheid verander in hel ?
Waarom skep ons hierdie leemte
wat ons lewens vul met wonde ?

Stil het jy verskyn vanuit nêrens
en my gelei met liefde en erns,
wense het jy vir my kom vervul
wyl ander my genadeloos kul.

Die leemte het jy vir my gevul
en ek kon met blydskap brul.
Waarom speel ons hierdie spel
wat werklikheid verander in hel ?

09/07/2016 © C. du Plessis




Ek wou nog altyd skryf en het uiteindelik laas jaar 'n bundel uitgebring. Ek bedink nie spesifiek 'n skrywe nie, dit kom spontaan en op ingewing van die oomblik. Ek sal enige kommentaar, sleg of goed, aanvaar met ope arms.

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed