Woordakkoorde
Ek wil jou tenger in ‘n vers tussen die letters van my hart troos, sodat dit soos ‘n lokomotiefloods ons liefde oorlaai. Dan wil ek jou gevoel oprui met die majesteit van n maarlyfpen en inkspuitings van my digkuns diep in jou hartskreke infekteer. Sodat jy in die sy spinners van energie jou akkoorde kan […]
Lucy Leer Loop
Petrus is nie seker hoe hy hierdie opdrag gekry het nie. Blykbaar het iemand in die hoër range vertroue in hom. (In ‘n latere oomblik van helderheid het Petrus onthou, sy pa was ‘n Generaal in K.O.P.P.) Dit was Petrus se eerste week in die pos, en in sy persoonlike opinie was hierdie ‘n redelike […]
winter-vuur
winter-vuur vlamme krul knetter rondomtalie om nat hout se bas vlam vat kry nie houvas rookies- ruk draai- dartel in ‘n kring tot vlamme die hout begin oorwin in ‘n pragtige pers, oranje en geel uit die hout opspring ‘n warm sprokie tot skadu’s speel teen die muur prentjies voltooi in pers-oranje-rooi laaste vlammetjies word […]
In die begin (Brons)
Adam het gedink die kort advertensie is ‘n grap: “GESOEK: Iemand om terug te reis in tyd. Bel 9021234567. R50000 betaling op terugkeer. Eie wapen opsioneel. Slegs ernstige aansoeke.” Maar hy kón nie anders nie en die nommer gebel. ‘n Geoutomatiseerde stem het ‘n adres gelees, en Adam het by ‘n stokou, gebou in Sunnyside […]
Wat is kuns?
Kuns is klank klank wat skreeu skreeu blou-rou-skarlaken moord dit is ‘n dolk diep in jou wat uit jou bloei so ‘n unieke noot melodies,droef, moedeloos oor n doek ‘n kreet losbreek vry sonder verskoning dit is ‘n kwas ‘n leë bladsy ‘n vergrootglas-oog ‘n seë-kastaiing ‘n vissersmansboot ‘n blou of swartpen spook Monochroom-monochromaties laat […]
ontferming
met tere oë beskou sy die kleintjies wat met bak hand in die bitter koue staan langs haar staan haar dogtertjie met dik woljas in haar hart weet sy dat sy moet help maar hoe in haar hand is vandag se kossies pas gekoop dan kyk sy haar dogtertjie in haar bruin oë en haar […]
Genesis II (Brons 600 woorde)
“Dagboek inskrywing 20 Maart 2025. Wie van ons het nie al aan die groot D woord gedink nie? Daardie “Doomsday” profesie wat onder die mat ingevee word. Jy steur jou nie daaraan nie, maar tog krap dit in jou agterkop. Wanneer jy na wêreld statistieke kyk besef jy dat dit dalk nader is as wat […]
Verlore drome
Al die opdraandes en afdraandes stofpaaie en teerpaaie die reis van die lewe soms vol sinkgate ander kere glad Al die waardevolle lesse dit al’s van lank terug het ‘n verskil gemaak van wie jy vandag is My gebedtjie toe ek ‘n kind was “Dankie Liewe Heer maak my hartjie rein en teer” Vandag het […]
Albeenwoorde
Soos die triomftog van my botoonwoorde oor die hartseer van jou hart oorheers, wydvertak ek in jou binnekamers verskuns se (al)benige liefde. Minneloos swem smaakgevoelens uit my siel kwinkelend; tot binne jou van verering waar my woordfiktiewe pen, liefde tipeer wat uitveers nie kan verwyder nie.- ©Zebulon Kochk Konnichiwa Gedigte 25 Julie 2019
Inkstroop
Binne die kwes van ‘n krioelbroei pen, is my inkstroop die sap wat jou dors lees in die tint van woordtalent. en soos die oogbal oople in die oorsprong van my woorde, word my inkstroop oksaalsuur op geribte skryfpapier. tog sal my letters weer lewe al raak in op – en kry huil troostende harmonie […]