Pa’s, waar is julle? (SILWER)
Pa’s, waar is julle? Ons hoor so baie van die nuwe normaal, die na-Covid tyd waarin ons nou lewe. As ek so na die wêreld om ons kyk, sien ek egter ʼn ander neiging: weinig pa’s wat hulle kinders ondersteun. Ons lewe nou maar eenmaal in ʼn gebroke wêreld en die afwesigheid kan baie vorme […]
Die rooi-oog in die hoek. (SILWER)
Die rooi-oog in die hoek. Aiken en Cheor speel al te lekker langs die ou Chinese woning met die groen geuweldakkie. Die dakkappe van hul huis het die mooiste gekerfde besonderhede, so eie aan China. In die klein dorpie is daar talle van hierdie tipe huisies te sien. Die Yin gesin woon in die buitewyke […]
sonder (brons)
somber somer somber son warm skraal sonder straal somber winter somber kind sonder ys sonder wind somber vind lentekind somber groei weggesnoei somber herfs somber kleur roesjas middeldeur somber stil son(on)der jou Elizabeth
Ek was … (brons)
ek was egmooi vol-lyf-vrou saam met jou maar nou is ek net vol-lyf-leeg sonder jou Elizabeth
Stemme
Was dit Carroll of Hubbard wat gesê het “‘n ware vriend weet alles van jou af, maar bly steeds lief vir jou”? Ek’s seker dit was Hubbard. Carroll was meeste van die tyd te hoog op boom om sulke insiggewende wyshede te skryf. Wie dit ook al was, was reg. Dít is wat Bessie vir […]
Kalwerliefde
In die kosmosvelde waar kalwerliefde bandeloos blom, bolmakiesie ons drome nog om en dom; alom hartsbegeertes wat kleurig in die sterre verweef is en gretig daar wag, tot rooidag weer kom.
Radikaal
Gatvol vir óns welbehae, oop visier op ons gerig; genoeg gegee te veel verdra slaan sy verreikend terug. Ter wille van ons voortbestaan buit ons Moederaarde uit bietjies-bietjies stadigaan word haar behoud gestuit; haar skoonheid word afgemaai haar goedheid uitgedelg soos die rykmanswêreld om weelde draai, word die armes deur honger verswelg; te veel selfsug […]
klip-steen-bok
– sneeu lê wit op die vlakte murg-skerende windjie waai hoog teen die kranse wip hy van rots na rots lys na skuiling klippe-tie-klop maak sy pote op die ysige rots oppervlakte sy hare soos vetplantjies kroes sneeu vlokke wat daarin koek ysing wekkende hoogtes durf hy aan op pad na rus veiligheid wink om […]
Die vlermuis. (SILWER)
Die vlermuis. Gevaarlik of skadeloos? Die feit is: vlermuise is ongewone soogdiere, trouens die enigste soogdiere wat kan vlieg. Vlermuise het ʼn uitsonderlik buitengewone voorkoms en dierkunde beskryf die vlermuis as verteenwoordiger van die orde: Chiroptera. Hulle val in die klas: skemerdiere. Sekere soorte kan glad nie goed sien in die donker nie. Vlermuise het […]
Saad van liefde (Silwer)
Strooi die saad wyd en luid smyt dit gulhartig oor almal uit vrolik in soorte uit omgeeboorde vir drooglê harte smagtend na liefdeswoorde saad sonder smet wat bou en red om diep te val in ontvanklike hartsbed strooi die saad wyd en luid sodat blomme weer gul daaruit kan voortspruit ©Driekie Grobler