Ontdekking
Waar ek nou staan, is alle rigtings Noord. Die yswoestyn strek vormloos die vertes in, helderwit afgeëts teen ʼn vlootblou hemelkoepel. Vyftig dae. Dis hoe lank dit my geneem het om hier uit te kom, waar die die temperatuur dertig onder vriespunt haal en die aarde se ronding teen die einders gesien kan word. Nee, […]