Jongste aktiwiteit:

Wenke vir digters
vir

Wenke vir digters

SKRYF WENKE VIR GEDIGTE:

Ek deel hierdie wenke wat van oraloor bymekaar gemaak is bloot as ‘n oorentoesiastiese student van die digkuns wat daarvan hou om notas af en toe deur te lees vir inspirasie en algemene riglyne.

VOORBEREIDING:
Hou ’n notaboekie byderhand vir idees.
Skryf goeie sinsnedes / frases/ idees neer voor hulle verdwyn.
Neem waar wat om jou gebeur en vang dit vas met woorde.
Kry boeke wat help:
Verklarende Woordeboek
Pharos se Tesourus van Afrikaans
Afrikaanse woordelys en spelreels
Skryf Afrikaans van A-Z
Ken taalreëls en spelreëls.
Gee idees en temas “breintyd” om te ontwikkel.
Doen navorsing oor jou gekose tema.
Skryf vir die verwysingsraamwerk van jou teikenleser.
Vermy wat jou pla in ander skrywers en leer by die wat jy geniet.

BEPLANNING:
Besluit watter komponente belangrik is en beskryf hulle goed.
Besluit op die konteks waarbinne jy wil skryf.
Besluit wie aan die woord is in jou gedig.
Besluit wie jou teikenleser en mark is.
Besluit op die ritme van jou gedig.
Besluit op watter rym jy in die gedig gaan gebruik en hoekom.
Besluit watter formele riglyne jy wil gebruik.
Kies die vorm van jou gedig
Kies beelde wat by die konteks pas.
Kies ‘n ongewone temas om oor te dig.
Beskryf ‘n ou temas uit ’n unieke oogpunt.
Skep ’n oortuigende gedig-mileu.
Weet “waarheen” jy gaan skryf in terme van die slot.
Party digters gooi eers alles neer en begin dan skaaf.

DIE TITEL:
Die titel maak die eerste indruk en moet lesers se belangstelling prikkel.
Die titel van ‘n gedig weergee die “siel” van jou gedig sonder om die einde te verklap.

LIGGAAM VAN DIE GEDIG:
Poog om jou werk universeel sprekend te maak deur voorbeelde uit jou eie mileu.
Die simboliek wat jy gebruik moet aanpas by die tema.
Strofes is belangrik om gedagte wisseling, oorskakelings, ens. aan te dui.
Boei die leser
Skryf in die styl waarmee jy gemaklik voel en ontwikkel dit tot meesterskap.
Gebruik karakters en vertellersperspektief
Ontsluit en stel nuwe wêrelde aan die leser voor.
Geur met ‘n woord(e) of ‘n sin uit ‘n ander taal
Meng verbeelding met realiteit.
Meng humor en erns.
Gebruik keurig-, beskrywende en korrekte taal.
Gebruik funksionele detail.
Buit die ritmiese aspekte van taal uit.
Skryf in jou eie, unieke stem.
Daag die alledaagse seggingswyse uit.
Laat die leser op die idee wat jy wil oordra self ontdek.
Gebruik al 6 sintuie.
Laat jou leser dink, voel, ervaar. (suggereer )
Maak gebruik van progressie in jou karakter of tema.
Skryf “dig”. Vermy onnodige woorde.
Wissel af met beeldspraak en stylfigure.
Skommel woorde as jou gedig nie goed op die oor val nie, of sukkel om te rym.
Skryf oor dinge wat jy ken en wat deel is van jou leef- en ervaringswêreld.
Skep ‘n unieke werklikheid met taalvaardigheid.
Gee lesers genoeg leidrade. Plant subtiele rigtingwysers.
Gebruik argetipes wat dimensie aan jou gedig verleen.
Ongewone woorde hou jou rym interessant en vars.
Kontraspunte maak jou gedig interresant. bv. “lig” en “donker”.
Gebruik unieke metafore en vergelykings.
Beskryf emosies deur die verkonkreeting van abstrakte selfstandige naamwoorde soos bv. Vrees, woede, leed, vreugde, geluk, hartseer, ens.
Die ritme van jou gedig moet aanpas by jou tema deur bv. vokaal keuses, en korter of langer reëls.

SLOT:
Sluit die gedig met ‘n slot af wat die leser vergenoeg laat.
Sluit op ‘n verrassende wyse af.
Sluit op ‘n samevattende/gevolgtrekkende wyse af.
Laat die leser iets om oor te dink.

NADAT DIE GEDIG GESKRYF IS:
Soek ondoelbewuste gebruik van clichés en sny.
Soek areas in jou gedig wat vervelig raak en sny.
Sny soveel ‘n’s en die’s as moontlik.
Soek oorbodige gebruik van byvoeglike naamwoorde, modale woorde (mos, tog, nog, miskien, dalk, egter, wel, maar) en verkleinwoorde en sny.
Soek ondoelbewuste herhalende woorde, vergelykings ens. en sny.
Lees jou gedig hardop om te kyk of rym geforseerd is.
Gaan die spelling na met WSpel (‘n gratis Afrikaanse spel-nasien program.)
Laat lê jou skryfwerk vir ‘n ruk, lees dit en skryf oor.
Soek vir oorbedigte woorde soos maan, sterre, see, hart, siel, ens. en sny.
Vermy oormatige Bybel en mitologiese verwysings.
Kyk vir botsende metafore en rond en bont beeldspraak.
Vra iemand anders om jou gedig na te sien.
Gaan jou werk na voor jy plaas.
Luister aandagtig na kritiek.
Vra hulp wanneer jy dit nodig kry
Verleen hulp aan medeskrywers.
Lewer opbouende ritiek op ander skrywers se werk sodat jy teorietiese aanslag vir jou eie werk ontwikkel.
Lees en analiseer erkende en goeie skrywers se werk
Links-gerigte reëls is die standaard vir gedigte omdat dit makliker lees.
Uitroeptekens en ellipse word minimaal gebruik.
Hoofletters – “skree”, trek aandag en beklemtoon.
Moenie oorhaastig wees nie
Geniet wat jy skryf, die leser sal dit optel.

Samesteller: Marius Buys – forum.afrikaanseforum.co.za 

Enige kommentaar, verbeteringe of byvoegsels kan aan Marius Buys gestuur word op mariusbuys@gmail.com



Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed