Wanneer die aarde sug.
Namibië is ’n land waar die aarde dor en hard kan wees, waar die son genadeloos bak en die wind stof in jou oë waai. In hierdie land is water nie net ’n gerief nie; dit is ’n kosbare skat, ’n lewenslyn. In die droogteseisoene, wanneer die grond kraak en die lug swaar hang van […]
Druppeldans
Teen sink se silwer speel ’n sagte lied, uitkoms in tik-tak, tik-tak aangebied. Fluister-druppels suis-sis val versigtig, eers net sag en skaars hoorbaar lig. Dan bons die note wat klap-klap klink, ’n ritme-wals in druppels, groot en blink. Tik-tik, tok-tok klink so hard soos ’n skoot, kletterend soos mooie musieknoot. Bulder en bons dit in […]
DRUISRYK (SILWER)
In druisryk se dans, waar waters dreun, versmelt dit met winde wat wild om my steun. Strome sproei oor die rotse ’n blinksilwer baan, en vloei in die klowe met klanke nimmergedaan. Die see sluk die son in ’n vlammegloed se kleur, waar golwe geduldig deur sandduine beur. Riviere se lenige vingers gryp vurig en […]
Die naaldekoker in my (Silwer)
Die naaldekoker in my (Silwer) Die naaldekoker hang stil oor die visdammetjie voor my, waar ek vir ’n wyle verpoos, voordat ek aanstaltes moet maak om aandete voor te berei. Ek gun myself min hierdie luuksheid om die dag se kop-liassering te doen. Vir ’n oomblik voel dit vir my of […]
Oranje Poseidon-soene (Silwer)
Oranje Poseidon-soene ek proe jou kabbelklank in die missproei smagtend, tastend aan rotswande jou droogteweersin eggo in die wind se geloei minagtend stu jy genadeloos voort na benede donderend druis jou hidro-stem eggo jy wit in borrellende skuimgolwe jou tuimelsluier onbeklem’ oor oer-ou ruwwe rotskranse wat erosie-natgetuig … seepglad van jou stromende instinktiewe soeke slingerend, […]
Waterskeiding
Toe die aarde nog woes was, toe was jy al daar Jy’t gebreek toe die eerste moeder moes baar By die sondvloed laat jou strafbevel net agt in die lewe om dit oor te vertel Die skelfsee oorspoel die Egiptiese mag en die slawevolk loop vry ná vier eeue se wag Moses slaan die rots […]
Daar’s iets in jou kraan
(Woordtelling : 711) Venterstad, ʼn rustige plattelandse dorpie in die Karoo waar die beeste in die strate stap en die hoenders vir kos op die sypaadjies skrop. Boerbokke help hulself sommer aan die plantjies uit die tuine. Ten spyte van die somerhitte, is die inwoners vriendelik en hulpvaardig. Dit is nou nie juis die […]
Dam sonder water
(Woordtelling : 453) Dit was met die grootste skok en verbasing wat ons tussen Aberdeen en Willowmore ʼn dolleë dam gesien het. Was die droogte dan so erg, of was dit bloot nalatigheid van die regering? Of dalk, soos in die geval van die nuut geboude, maar ongebruikte skool, ʼn dam wat op die […]
Dag Zero
(Woordtelling : 793) Dit was seker een van die vreesaanjaendste frases wat ek nog ooit gehoor het – Dag Zero. Om te dink dat daar ʼn dag kon aanbreek waar daar geen water uit die krane sou loop nie is nogal skrikwekkend. Mens kan immers vir ʼn redelike tyd sonder kos klaarkom, maar sonder […]
Elikser (goud)
Dis magies my lief, as reëndruppels in vlae oor die Boesmanland se son- en windverweerde lyf neerplof, en diep uit haar dor porieë stoom die eg aardse boeket van rots en vergane dierereste versny met dié van botterblom, blousporrie, kokerboom en stof, wat mens net vir ‘n oomblik, net vlíétend, laat vergeet hoe wanhoop in […]