Liefde sterf
Goue trane val oor haar bleekwange die môreson se lig flenters gegooi seer gebosseleerde letsels in rooi bring ‘n bitter brose sielsverlange as sy net weer die vuur in hom kon plaas sou liefde nie ‘n laaste asem blaas
Kan tyd vinniger verbygaan?
Kan tyd vinniger verbygaan? As ek so in die gesels hoor hoe mense praat oor die jaar wat so vinnig verbygevlieg het, dink ek aan Hermes, die Griekse god met vlerke aan sy voete. Dit is of die jaar ook vlerke aan sy voete gekry het. Dit is veral ook as jy met ouer geslag […]
waarom? (SILWER)
waarom? waarom leef ons, hoe hou ons ons besig pret of eer – alles ʼn gejaag na wind geluk in aardse dinge sal jy vind is tydelik, vrede bly afwesig soek nie sin in die tydelike goed slegs by Hom kry jy regte lewensmoed ©Marlene Erasmus 30/09/2022
Wat was. Wat is. Wat gaan wees. (1187 woorde)
Kerneels het die folio papier opgefrommel en omsingel met ‘n gebalde vuis. Vir ‘n stuk papier was dit baie swaar. Bagasie. Foute. Spyt. Hoe langer hy daaroor gedink het, hoe swaarder het dit geword. Hy het die papierbal so ver as wat papier toelaat, van hom af gegooi. Hy het dit agterna gekyk. Die opgefrommelde […]
Van hanekraai tot briekaandraai (765 woorde)
As daar nou een ding is waaroor niemand van ons beheer het nie, dan is dit tyd. Soms wens ons dit om en soms wens ons dit moet bietjie stadiger gaan of selfs stilstaan. Alles wat ons aanpak en doen word beplan rondom tyd (onbewus beheer deur tyd). Tyd vir dié, tyd vir daai … […]
PIET SNORRE EN DIE SPOEDLOKVAL – 1301 woorde
Die laaste bult af dorp toe is ‘n steil een. Oupa is haastig. En moerig. As Peet en Jaenette by Deerpark se plaaswinkel hulle werk ordentlik gedoen het, sou dit nie nou nodig gewees het vir ons om teen ‘n helse spoed dorp toe te moes jaag nie. “Al wat ek vra is dat hulle […]
liefdes oomblikke
– die oggend ster blink in jou oë sonstrale kleur jou vel in pastel jou hare blink in goue strepies my hart versag, ek adem jou in – oor jou skoonheid heers vrede gedagtes rimpel oor jou aangesig nooit eentonig maar tog gedweë verdiep my hart se wense saam – lang skadustrepe vestig geheue laatmiddag […]
Tyd vlieg as jy ‘n vlieg is
(Woordtelling 783) Min mense sit seker en kyk hoe ritmies die sekondewyser tik, uur na uur. En, as iemand dit wel doen, is dit sekerlik net ’n kortstondige tydverdryf. Ons het almal dieselfde 24 uur gekry en sommige mense kan berge versit terwyl ander absoluut niks vermag nie. As jy iets gedoen wil kry, sal […]
Daar is reëls??
(Woordtelling 832) Spoed mag dalk die enkele grootste bydraende faktor tot ernstige motorongelukke wees, maar dit is verseker nie die enigste probleem nie. Die wetstoepassers verloor maklik uit die oog dat die mense toenemend ongeduldig en wetteloos op die paaie bestuur. En dat reëls skynbaar net vir enkeles geld – natuurlik diegene wat darem probeer […]
Woordbloeisels (goud)
Ek pak sterstof teen jou geslote slotsin omdat ek jou nou stilweg moet laat sterf want daar is niks wat ons van mekaar kan erf al moes ons as ‘n bystelling oorbegin maar ek sal jou in my mond ewig vasboei want daar is geen keer as woorde ons laat bloei. © 9/2022 Caren Kearley […]