
Woordbloeisels (goud)
Ek pak sterstof teen jou geslote slotsin
omdat ek jou nou stilweg moet laat sterf
want daar is niks wat ons van mekaar kan erf
al moes ons as ‘n bystelling oorbegin
maar ek sal jou in my mond ewig vasboei
want daar is geen keer as woorde ons laat bloei.
© 9/2022 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2022 Snelheids projek