Jongste aktiwiteit:

Posts tagged "Teleurstelling"

woorde word deurboor kom hul nooit akkoord met woordewisseling uitmekaar getrek op verkeerde tyd en plek gewoonlik vloei die woorde onbaatsigtig in trotse eiewaan selfsigtig verskeur en uitgewerp hinderlik die eie ek vol verwaandheid kom daar groot verdeeldheid en lê die wraak onbeperk wraak kom jou nie toe nie koester geen wrokke onverskrokke wat ten […]

Asof die mensdom jou konsuis soos ‘n brandsiekbrak verjaag ontkoppel jy – *(a)sosiaal; sinies, word niks en niemand ontsien nie illogies en onstabiel glo jy ad nauseam, dat almal behálwe jy, twissiek, onsimpatiek en aandadig aan jou laaghartigheid is. *Asosiaal: Grenslynpersoonlikheidsversteuring of GPV

WAT KYK JY? Wat kyk jy? Jy sleepvoet nuuskierig verby en verrek skaamteloos jou skilpadnekkie soos jy saamkyk en, nes talle ander, vermy om te stop. Jy sê dis nie jou plek nie. Waarna kyk jy? ’n Geruislose geraas en vreemde woeling, gestamp en gestoot … gedempte gil. Ongemaklik trap-trap jy uit voeling – dis […]

Sielshangkas Jy het skielik verskyn, rondgekrap en net so skielik weer geloop. Jy het gesoek, gegrawe en gebreek sonder om te vra of jy mag of kan of moet. Jy het ingestap, deure oopgegooi en ou gordyne oopgetrek, die son weer die plankvloer laat skroei. Jy het weggedraai, trots op jou redderswerk. Maar die donker […]

Papierhart jou wankelhand se skribbels is met deernis en liefde georden sodat ons saam mooi herinneringe kon skryf met begrip prettig versier om só die wêreld se onreg en seer sinvol te verdryf toe (onverwags) kom ‘n stormwind ruk met ondeurdagte woord en daad jare se saamskryf los frommel dit onbarmhartig op en smyt dit […]

Bedorwenheid As ‘n blom té veel son té veel water té veel kompos kry en té lank aan eie wil en genade oorgelaat word verrot die stam verlep die blare en knak die kroon word dít wat volmaak gevorm is deur Skepperhand bedoel is om ‘n aangename geur te versprei om met skoonheid te pronk […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed