
Stilswye
Granaatrooi geheime
dwaal blosend
deur die spasies
van die gat in my siel
waar hulle
(soos verroeste krane)
bloeiend bloep-bloep drup
en afsyfer deur die krake
na die krater in my hart
waar hulle pateties
en stom rebelleer
teen my wil
en spraakverbod.
2 Kommentare
-
Koos Elsum
Die gedig is nogal seer vir my want ons almal baklei maar so in die stilte en meestal met ons self. Dankie Kommetaar : Ek is geen kenner so aanvaar dis maar net my opinie & ń my leer proses. Ek sou die beelde vereenvoudig deurdie “ van die gat in my siel waar hulle” uitlaat en vervang met (soos verroeste krane)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2022 Liriese projek