Sosiaal oorlede
Asof die mensdom jou konsuis soos ‘n brandsiekbrak verjaag ontkoppel jy – *(a)sosiaal; sinies, word niks en niemand ontsien nie illogies en onstabiel glo jy ad nauseam, dat almal behálwe jy, twissiek, onsimpatiek en aandadig aan jou laaghartigheid is. *Asosiaal: Grenslynpersoonlikheidsversteuring of GPV
Vlamme van vrees Silwer
ek sien jou laaste armswaai deur die wasem van onthou jou laaste klokkielag nou net ‘n klank van rou in die newels van die blou-blou lug ‘n vredesduif wat swenk in vlug roet en rook – ‘n vlammesee verskans die oggendson die stilte skreeu verdowend en eenkant op die grys beton ‘n halfverkoolde teddiebeer die […]
Die ysige nag
My plekkie in die son, So moet mens bewys wat mens alles kon. Met my hartjie in die winter skadu, ysig en koud, Alles so lank en eensaam soos ‘n woud. Die son wat stuk, stuk deur die boom se takke skyn, Wat die ysige koue so bietjie laat verdwyn. Die blare is al almal […]
Gebyt
Die bloedbesmeerde man hardloop uitasem deur die donker stegie, maar steek vierkantig vas in sy spore. Voor hom kom die horde slakkepas nader. Hy swaai om en wil net weer begin hardloop, maar in die opening van die nou gang agter hom kom die een na die ander zombie te voorskyn. Met uitgestrekte arms en […]
Ekwilibrium (Goud)
Vanwaar ek aanskou hoe jou inner-arend verbete baklei om te lewe en te oorleef in die lydende stryd waanin jy – sielsmorend – gemartel word spook en spartel mý innerwese (besete) om te oorleef en te bly leef om jou in ewewig te hou.
Stilswye
Granaatrooi geheime dwaal blosend deur die spasies van die gat in my siel waar hulle (soos verroeste krane) bloeiend bloep-bloep drup en afsyfer deur die krake na die krater in my hart waar hulle pateties en stom rebelleer teen my wil en spraakverbod.
jagdans
jagdans roep van ‘n naguil word gehoorsaam met die skyn van ‘n silwer tweepunt-maan duister in sy jagdans laat die skemervlerkkabaal bedaar daglig is die nag se vangs oor die panaroma is ek agteloos ook sy, wat warm teen my lê veeleisende gedagtes val elk in die wandeling ek word rustig in haar asemhaling voor […]
EK VERLOOR
EK VERLOOR (Brons afdeling) Wanneer niks wat ek was meer is wat ek dink nie en dit wat ek dink net nooit meer reg klink nie wanneer frases en woorde eens melodieë was maar nou afkolk in spirale van sin(ne)lose verhale en ek kop verloor dat die trane rol en niemand besef ek raak innerlik […]
in ongeloof
– die kransduif wyfie klae en steun om ‘n plek uit te skrop vir haar nessie stokkies en takkies gebreek hoog bokant die grond weg van die oog daar lê sy dit wat haar kinders gaan word – die vinkie ouers skreeu en sketter in wanhoop om hul nes waar die swart kraai alles kom […]
Wat is die kans?
Dit is gek om te glo dat die vlees die onafwendbare sal oorheers metdat die gees totaal ontkennend (in ‘n verslawingswaan) veglustig baklei téén die minimale moontlikheid en hoë onwaarskynlikheid dat hy by volle magte is om ‘n selfopgelegde doodstraf met kortsig te durf betwis. © Loretta Szikra