Die ysige nag
My plekkie in die son,
So moet mens bewys wat mens alles kon.
Met my hartjie in die winter skadu, ysig en koud,
Alles so lank en eensaam soos ‘n woud.
Die son wat stuk, stuk deur die boom se takke skyn,
Wat die ysige koue so bietjie laat verdwyn.
Die blare is al almal af,
Iewers is honde wat huil en blaf.
Van die ysige koue nag,
Wat is daar nie nog alles wat om die hoek lê en wag.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.