Hemelse soetigheid
Die mooiste aan die einde van ‘n dag is wanneer die son rooi-orange strepe begin verf en jou laat besef dat jy jou emmertjie vol van mooi herinneringe saam met sonsondergang kan bêre Want môre moet jy weer opstaan en aangaan weer soek na bietjie geluk voor dit uit jou hande uitglip Na ‘n klein […]
Kleure van jou . . .
In die kleure van jou menswees is hoe ek jou bemin as jy ontwaak soos ‘n sagte brose sonneblom jou gesig draai na die son en soos die ure aanstap jou mense wees ontvou soms in staal harde ontsteltenis wat aan jou lyf vasklou soms in jou sonstraal luidkeels-lag wat almal vir nog laat wag […]
Hoё hakskoene
Sy het vandag haar hoё hakskoene aan, sy het baie, baie lanklaas hoё hakskoene aan gehad. Vir baie, baie lank dra sy net plat skoene, plat skoene wat haar plat op die aarde hou en veilige en gesond is vir haar rug . . . Plat skoene omdat haar gees en siel nie nodig het […]
Hoop (Silwer)
Hierdie naweek sien ons nie die bar Karoo of dors bokkies en boere wat sukkel om in God te glo. Ons negeer ons tienrandnoot wat na die storting as een rand begroot. Die heuwels en velde stoot geloof en blare soos die kleur van die bloed deur ons honger are. Hierdie naweek is ons behoud […]
Die kyk (Silwer)
Jou oë stol modder soos die borrel van die are deur jou hart – sonder die seën van sagte reën of die soet van sjokolade is daar geen sagvoel, kalfie, bokkie …of genade Charleine Collins © Oktober 2019
Afskeid
(goud) Verlorenvlei, Verlorenvlei jou weggaan skroei tot roof in my dit sny ’n spoor van roet en as waar gister helder strome water was en los my in die ligverlate donker stege, lamploos strate wat na die doodse stilte lei Verlorenvlei: die duister het die maan gesluk die sterre het die nag ontglip en oor […]
Somerspel
Jy maak my mal…mal, MAL !!!!! Jy lag met wye mond en gooi jou arms oop tienduisend fyngetinte kleurskakerings spog welig waar jy veld en vlei met nuwe kleur herdoop. Jy hang jou vel teen berg en rant, oor dal baldadig diep duik jy in lowerryke klowe. Jy stort jou hele lyf in styf-verweefde woude […]
steunpilaar
vanoggend se diep blou lug en die son se goud geel strale verf ons baai in hemelse skilder doek goue strepe reën in skyfies oor die see soos speel-weer gebeure op ‘n doek onder raas die golwe saggies voort soos die natuur ons steun ons lewe gewende lug verskaf wat vars en heerlik is so […]
Aspoestertjie (k)ry ’n besem
Yup, so nou en dan kruip Aspoestertjie ook uit die denkbeeldige kas. Dit is dan daardie dag wat sy op haar knieë voor ʼn oop deur staan en die kledingstukke links en regs oor haar skouer na agter gooi, opsoek na ʼn geskikte rokkie om na die jaarlikse bal aan te trek. Al sou sy […]