Jongste aktiwiteit:

Dag/Nag

Dag . . .

As die nag
se donker
opsy staan voor
l i g
wat stadig
sonder dwang
die donker
sag oorspoel
ons Vader
die sterre
een een pluk
en bêre
weereens
Sy verfkwas
nader trek
die hemel inkleur
in volmaakte blou
die son
saggies wek
om oor Sy heelal
te skyn
word daar
‘n nuwe dag
gebore
‘n dag deur God
vir ons beskore . . .

Nag . . .

As nag
dag se lig
kom steel
en bêre
in sy agter sak
dan stadig
sy swart ink pot
uitgooi
die gewelf inkleur
in swart . . .
dis dan
dat God
met Sy skepper-hand
duisende sterre
aan die hemelruim plak
en Hy noem dit
nag
want nêrens
waar Sy volmaaktheid
heers
vind jy ooit
totale duisternis . . .

©Marsofine Krynauw




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed