vryheidswaan (Goud)
stap ek en jongboet in die natlek-terugtrek van die see se brekende branders dáár waar die grotes rotse wil klief hul woede mistig uitspoeg in fyn misreën vra jongboet… is branders nuut? sê ek… ek is nie seker nie vra jongboet… en is hulle vry? sê ek… sekerlik nie dalk is die […]
die wildevy (silwer)
die wildevy die wildevy sing droewig psalms as woedende winde uit wolke waai en hy wieg heen en weer, buig en skeur as wind sy takke teen die stam af draai die aanslag is intens en wreed maar die wind hou aan met snoei en ek hou my asem op toe ek sien hoe die […]
Lente
Lente Sy spoel winter se rou uit haar oë se blou in die helderskoon van die môredou grimmeer haar wimpers op die horison glimlag in die spieël van die oggendson strooi vars konfettibloeisels oor boom en blom wat naak in haar teenwoordigheid kom spore groen oor grasvlaktes se drome voëls besing haar koms in die […]
Sinestesie
Sinestesie* Ek sit op die stoep van my lewe en voel hoe die dag na stilte roep wyl skaduwees soos reuse word ek hoor hoe die strykstok van die son sy laaste note bladlees in die balk van die seisoene ek sien hoe die son skemer dirigeer tot v-ê-r … v-ê-r … oor die horison […]
Natuurseënwense
Natuurseënwense-gedig Mag die ode van jou woorde die natuur verantwoordelik bestuur … (©Pieter Mostert)
weer
winter het gegaan en die somer staan ryp snaakse reën storms verskyn telkens veroorsaak deur laagdruk stelsels wat uit die niet verskyn veroorsaak diep water, dorpies se strate word rivier lope al die gemors was weg alles storm see toe vis oë kyk verdwaas na hierdie gordyn van plastiek seestrome spoel dit tot in die […]
likeur
vol stof en padmoeg kom hulle hier aan in sulke optogte van oral se registrasies so ver as die noorde selfs dié ooskus daag ook op vir plesier en mooiweer het hulle gekom handoeke en strandsambrele sonbrand middels en baie kiste bier meeste mense darem goed gemanierd arme weskussers betaal weer van vroeg in november […]
wasig
ek reik uit na die sterre my siel sweef ver in die kosmos my soeke na ‘n plek van vrede my hart bons van verwagting my ikarus-vlug neem my ver bo alles in die skepping wat bekend is altyd soekend na die vredes planeet telkens opgewonde, nooit tevrede my eenvlerkvlug skroei my onvervuld begin ek […]
Die Epiek van die sprokie in Eden
DIE EPIEK VAN DIE SPROKIE IN EDEN God het ’n tuin in Eden gelandskapeer tussen kristalhelder rivierstrome en pragtige bome God het ’n sprokie in die tuin van Eden gedikteer ’n sprokie het in die tuin van Eden ’n werklikheid geword jy vra: ‘watter sprokie?’ ‘en hoe het dit gebeur?’ ’n Sprokie is tog immers […]
Die Epiek* van ‘n tuin
Epiek* van ’n Tuin God analiseer Sy Skeppingswerke landskappeer in Eden Sy tuin poësie ekologiese waarde uit die vog van die aarde Sy almag rympatoon die estetiese genre van Sy tuin tot berge kranse, heuwels, vlaktes, kabbelende riviere, bruisende watervalle, valleie, vleilande, reënwoude … gevleueldes van die hemel wemel in die krone van die bome […]