Jongste aktiwiteit:

weer

winter het gegaan
en die somer staan ryp
snaakse reën storms verskyn
telkens veroorsaak deur laagdruk
stelsels wat uit die niet verskyn
veroorsaak diep water, dorpies
se strate word rivier lope
al die gemors was weg
alles storm see toe
vis oë kyk verdwaas
na hierdie gordyn
van plastiek
seestrome
spoel dit
tot in
die diepste
ondersese klowe
tot sewe kilometer
onder die seevlak
sien diepsee
duikers dit
hoeveel
meer
kan
die
see verdra
van die mens
se afval
en verval

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed