Jongste aktiwiteit:

Dit is tyd vir omdraai

Dit is tyd vir omdraai…

 

Eers het ek onskuldig my hart vir jou gegee. Jou woord in my vertroue geneem dat jy my nooit ’n gelukkige lewe sal ontneem.

 

Ek was jou alles en skielik toe te min. Ander het jy verkies in donker plekke. Ek moes wag in die lig vir jou om terug te kom.

 

My drome het ek in ’n tas gepak, dit toe in die see laat verdrink.

 

Vir jou het ek elke keer gekies, al moes ek vrede maak dat jy altyd iemand bo my sou kies.

 

My hande reeds voos gewerk, om jou met alles te bederf.

 

My tyd vir omdraai het gekom. Of ek oor hierdie berg weer alleen sal kom, weet ek nie, maar vir te lank was my hart my eie tronk.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed