digtheid
in digte mis
word jy geplant
om die verskil te maak
tussen verdigsel en digtheid
verskil tussen goud en plastiek
se hoë en lae digtheid
bevolkingsdigtheid
fabels oor wysheid
wat uit digskedels
tevoorskyn kom
wat prikkelbaar
onaanpasbaar
afwyk van
enige
egte
wysheid
van verstand
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.