’n Bietjie Buitelug.
’n Bietjie Buitelug Carmen het die piekniekmandjie oopgemaak en haar vingers liggies oor die linnekombers laat gly. Die oggendlug was skielik kouer as wat sy verwag het; ’n ligte rilling het oor haar arms getrek, maar sy het stilgebly, asof sy die dag se belofte in haar siel wou bewaar. Dit was nie sommer ’n […]
roostuin-rendezvous – Silwer
roostuin-rendezvous – Silwer allerfraai kom hul vrolik aangefladder van alle kante sysag grasieus in hemelse kleurpalet getooi wit geel oranje selfs gespikkel met rooi wikkel hul lyfies om vir ’n stonde onomwonde deel te wees van die roostuinpiekniek ’n ware vlindernektarfees © Retha van Deventer, Junie 2025.
solo-uitstappie
solo-uitstappie – Silwer ek hunker daarna om heuningsoet herinneringe oop te sprei (soos ’n blommetjiesdeken of blokkieskombers) en ‘n mandjie vol somer-onthou uit te pak bietjie-bietjie te peusel aan keurige koestergedagtes en godgegewe gisters… dit soos warm sonstrale deur my te voel versprei terwyl vandag ’n steeltjieglas vol nostalgie skink en ek dit argeloos met […]
In die droë rivierloop (Goud)
In die droë rivierloop Die klippe was warm, selfs in die ysige winter. Pa het sy kampstoel uitgevou soos ’n man wat weet hoe om rus te vind uit stukkies van sy vrye tyd. Ons het sorgeloos gespeel — aan-aan tussen kameeldoring-skadu’s, wegkruipertjie agter klipstapels, kennetjie met dooie takke, en ons gillend-blydskap wat oorgeloop het […]
uit een
so duidelik soos daglig lê jou bakermat uitgespel in bitter stryd en hervormers bloed – gerots uit bittereinders geloofstrots dieper as bloed lê jou are versprei oor kontinente wyd baanbrekersbloed deur vlam en kroes oorlog en misoes uit een rots is jou aangesig gekerf uit hewige stryd om voortbestaan gelouter deur […]
voorspieël (Goud)
voorspieël so op die heup van ’n sonskyndag in vroegherfs wil ek weer skilpadpos toe loop met die reuk van ryp fyntwa in my neus en hul sade soos stringetjies krale deur my vingers vleg ek wil ’n deken oopsprei onder ’n witgat op sand sag geweek deur reën en kyk hoe die son se […]
Uit gebrokenheid gedra #brons
Uit gebrokenheid gedra In die vroeë oggenduur se weerloosheid, terwyl die nag sy laaste asem uitblaas, word die volle betekenis van haar gebrokenheid onthul. Geveerde hemelsangers ontwaak vrolik. Sonspatsels beur deur ‘n skrefie in die gordyn tot teen die lang wit deure in die vierkantboks van haar gemaksone. Die nagmonsters probeer steeds ‘n skuilplek vind […]
Windpompe
Jy kry hulle oral in die platteland gesaai in afwagting vir die winde om te waai met koppe regop soos ‘n Sonneblom meestal pen orent, ander skeef en krom Van die Weskus op tot middel in die Karoo wag hulle geduldig vir die reën van bo om die aarde te voed met lewens water uit […]